Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Montpellier is ’n trekpleister
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe ’n huis in Montpellier gaan lyk. Foto: Seeff

’n Splinternuwe residensiële ontwikkeling in die hartjie van Craigavon, Fourways, wat vol­titeleiendom aan kopers bied, is onlangs bekend gestel.

Dave Lewis, ontwikkelingsbestuurder van Seeff Sandton, sê Montpellier word bemark en verkoop deur die ontwikkelaar en ’n paar van die 38 privaat omheinde voltitelhuise is reeds van die plan af ge­reserveer.

“Daar is baie redes vir die groot belangstelling in Montpellier, insluitend die uitstekende ligging, maklike toegang tot die nuut opgegradeerde Cedarpad en die feit dat Montpellier voltiteleiendom sonder die reëls en regulasies van deeltitel­ontwikkelings bied.

“Montpellier bied ’n goeie beleggings­geleentheid aan jong aspiranthuiseienaars, professionele werkendes en beleggers en is ’n rustige oase te midde van die besige Fourways wat daagliks groei en uitbrei. Nóg ’n voordeel wat Montpellier inhou, is dat geen oordragkoste betaal hoef te word nie.”

Lewis sê die gemiddelde grootte van die huise in Montpellier is 206 m², maar kleiner en groter eenhede is ook beskikbaar. Die huise is almal dubbelverdieping en het twee of drie slaapkamers.

Pakketpryse begin by R2 miljoen tot sowat R2,6 miljoen en die argitektuur is kontemporêr en weldeurdag.

Pakketpryse begin by R2 miljoen tot sowat R2,6 miljoen en die argitektuur is kontemporêr en weldeurdag, met die klem op intelligent ontwerpte ruimtes en funksionaliteit.

Nóg ’n paar kenmerke van die huise sluit in unieke oopplanmotorhuise, moderne leefareas, ontwerperskombuise met granietwerkoppervlakke en gewilde kombuistoerusting, onthaalareas met private tuine, bedekte patio’s en braaiareas, Hansgrohe-krane, WiFi en dubbel- outomatiese motorhuise met staaldeure.

Sommige planne sluit ook inloopkaste en slaapkamers met en suite-badkamers en balkonne in.

Volgens Lewis sal Montpellier goed beveilig wees met ’n veiligheidswag en toegangsbeheerde sekerheid 24 uur per dag.

“Die kompleks word met ’n elektriese heining omring en ’n waghuis met kringtelevisiekameras bied verdere gemoedsrus.”

  • Bel Dave Lewis by 074 101 6304 of dave.lewis@seeff.com vir meer inligting.
Meer oor:  Montpellier  |  Fourways  |  Ontwikkeling  |  Huise  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.