Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
’n Belegging vir plesier en vir profyt

Die Mantis Group, in vennootskap met die Val de Vie-landgoed, stel vandag (2 November) die tweede fase van die Pearl Valley-hotel bekend danksy die sukses wat die eerste fase in die Kaapse Wynlande behaal het.

Die Pearl Valley-hotel op die bekroonde Val de Vie-landgoed in die Paarl-Franschhoekvallei wat met 40 suites uitgebrei gaan word.

Die tweede fase word gebou omdat groot groepe besoekers en korporatiewe konferensies weggewys moes word omdat daar nie genoeg kamers in die hotel was nie.

’n Bykomende 40 eenslaapkamersuites van 69 m² word gebou. ’n Belegger kan volle deeltiteleienaarskap van so ’n suite teen ’n kapitaalbelegging van R2,2 miljoen verkry.

Die eenhede bied verskeie voordele aan beleggers, onder meer 30 dae per jaar se verblyf in die eenheid en ’n huurinkomste vir die res van die jaar.

Beleggers kry ook afslag op lidmaatskap van die Pearl Valley Jack Nicklaus-gholfbaan en lidmaatskap van die Mantis-lojaliteitsprogram.

Val de Vie het proaktiewe stappe gedoen om te verseker dat die Pearl Valley-hotel heeltemal “water-onafhanklik” is.

’n Private water-filtrasie-aanleg is op die landgoed opgerig wat grondwater suiwer.

Die landgoed is in die Paarl-Franschhoekvallei, ’n hanetree van Stellenbosch af en 35 minute se ry van Kaapstad se internasionale lughawe af.

’n Suite in die Pearl Valley-hotel.

Die vallei is bekend om sy uitstekende kos, wyn, gasvryheid en ’n matige Mediterreense klimaat wat nie net ’n trekpleister vir ryk Suid-Afrikaners is nie, maar wat ook ’n kosmopolitaanse groep internasionale reisigers lok.

Meer oor:  Belegging  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.