Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
’n Mooi tuin – sonder water
Spring in met die snoeiskêr en spaar water.

Streng waterbeperkings laat waarskynlik baie huiseienaars wakker lê oor die toekoms van hul tuine, sê Colin Priem, bestuurshoof van AfriServ/Afrilandscapes. Jou tuin is die eerste ding wat voornemende huiskopers raaksien.

Priem wys daarop dat daar geen maklike oplossing is nie, maar wel ’n paar wenke om besorgde huiseienaars deur die droë tydperk te help.

1. Dit is noodsaaklik om ’n growwe deklaag van boombas in beddings te gebruik, want dit sal voorkom dat die bietjie vog wat daar is, verdamp.

Met kunsgras kan jy van gras sny en natgooi vergeet

2. Om voor die tyd kompos in beddings in te werk, sal ook help met waterterughouding en om die plante te voed. Dit sal die plantselle ook so sterk moontlik hou.

3. Hoe gesonder jou plante is, hoe beter is hul kans op oorlewing. Behandel jou bedding met “Bounce Back” en jou grasperk met “Blade Runner”.

4. Priem beveel aan dat alle plante behoorlik gesnoei word. Dit sal die blaaroppervlak verminder en sodoende ook verdamping. As daar plante is wat in skadu aard, moet hulle nie aan direkte sonlig blootstel nie.

Vetplante is ’n lus vir die oog – en spaar water. Foto’s: iStock

5. Oorweeg dit om Astroturf of kunsgras te laat installeer. Met ’n sintetiese grasperk hoef jy jou nie te bekommer oor modder in die winter, of gras sny of natgooi nie.

6. ’n Dek of ’n gruistuin met vetplante is nog ’n waterbesparende opsie. Deesdae kan ’n mens ook kies uit ’n wye verskeidenheid vetplante wat nooit voorheen in die mark was nie. Hierdie verskeidenheid dek die spektrum van plante en struike tot grondbedekkings wat in verstommende kleure en teksture beskikbaar is. Daar is selfs vetplante vir skaduryke areas.

Meer oor:  Droogte  |  Water  |  Waterbeperkings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.