Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
’n Veiling wat elke sak pas

Bernardi Auctioneers hou op 23 Februarie 10:00 sy eerste kuns- en versamelaarsitemveiling vir 2019.

Die veiling, wat in twee sessies plaasvind, bestaan uit 154 lotte Suid-Afrikaanse kuns, beeldhouwerk, versamelaars­artikels en meubels. Dit is ’n veiling wat elke smaak en sak pas.

Adriaan Boshoff se Still Life with Zinnias gaan in die tweede sessie van die veiling beskikbaar wees.

Op die eerste sessie kom versamelaarsitems onder die hamer, wat insluit verskeie lotte silwermessegoed, potte en panne, en tafelversierings.

Van besonderse vermelding is 24 stukke messegoed met ’n William lV Kings-patroon en ’n stel van vier Webb & Corbett-kristalkraffies afkomstig van ’n klassieke Rolls-Royce.

Daarna kom 19de eeuse Chinese porselein aan die beurt, asook gesogte Linnware-blompotte en ’n vrugtebak.

’n Versameling Italiaanse Murano-glasware, ’n Tutti-Frutti-bak en Futura-portretrame gaan beslis die belangstelling van versamelaars prikkel.

Die eerste sessie sluit af met ’n verskeidenheid van meubels, onder meer ’n William lV-kaarttafel, Victoriaanse stoele en ’n sofatafel.

Die ster-lot op Bernardi Auctioneers se komende veiling is ’n Skotse Victoriaanse gietystertuintafel met bypassende stoele en ’n sambreelstaander. Dié meubels is deur Falkirk Iron Works gemaak, die maatskappy wat sinoniem is met die bekende Suid-Afrikaanse driepootpot.

Daar is ook ’n Biedermeier-hoekkabinet en ’n rusbank, asook ’n Kaapse geelhoutkoskas, ’n spenskas en ’n Regency-eetkamertafel.

Die ster-lot is ’n Skotse Victoriaanse gietystertuintafel met vier bypassende stoele en ’n sambreelstaander. Dié meubels is deur Falkirk Iron Works gemaak, die maatskappy wat sinoniem is met die bekende Suid-Afrikaanse driepootpot.

Die tweede sessie begin 11:30 met 87 lotte kuns en beeldhouwerk, waarvan die hoogtepunte insluit Rorke’s Drift se pottebakkerstukke, Walter Battiss se waterverfskildery Syringa Tree, Rustenburg, vroeë oliewerke deur Adriaan Boshoff en W.H. Coetzer se Chelsea Evening van 1930.

Die veiling begin op 23 Februarie 10:00 by Bernardi Place in Thomsonstraat, Colbyn, Pretoria. Besigtiging is van Woensdag 20 Februarie tot Vrydag 22 Februarie van 10:00 tot 17:00, asook die oggend voor die veiling.

Meer oor:  Kunsveiling  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.