Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
’n Voet in die deur vir nuwe kopers van huise
’n Kunstenaarsvoorstelling van die Ihlathi-ontwikkeling in Parklands in Blouberg in Kaapstad wat gemik is op intreevlak-huiskopers. Die pryse wissel tussen R689 999 vir ’n eenslaapkamereenheid en R1,2 miljoen vir ’n dakwoonstel, oordragskoste ingesluit.

Eiendom van R1 miljoen en minder wat voortaan vrygestel gaan wees van hereregte, kan dalk lewe in die sukkelende huismark blaas.

Só reken huismark-kenners nadat Tito Mboweni, minister van finansies, die afgelope week in sy begrotingsrede gesê het dat die vrystelling van die hereregte-drempel van R900 000 tot R1 miljoen verhoog word.

Dié aanpassing, saam met banke se gunstige uitleenpraktyke en die rentekoers wat met 0,25 persentasiepunt verlaag is, kan nuwelinghuiskopers die kans gee om ’n voet in die deur van die huismark te kry.

Dr. Andrew Golding, uitvoerende hoof van die Pam Golding Property Group, sê dit is ’n positiewe aansporing vir nuwelingkopers, en ook vir ander kopers in die bekostigbare mark. “Dit sal help om eiendomstransaksies in die bekostigbare mark te stimuleer en volumes op te stoot.”

Terwyl bekostigbaarheid die vraag na huislenings gedemp het, verteenwoordig nuwelinghuiskopers sowat die helfte van die huislenings wat gefasiliteer word deur ooba, ’n maatskappy wat mense help om huisverbande uit te neem.

Rhys Dyer, uitvoerende hoof van ooba, sê banke staan tans huislenings van 100% toe en ooba se goedkeuringskoers van 100%-huisleningaansoeke oorskry die 80%-kerf.

“Die positiewe uitleenpraktyke van die banke verbeter likiditeit in die huismark en kan meer nuwelingkopers aanmoedig om tot die mark toe te tree.” Die gemiddelde prys van ’n huis wat deur ’n nuwelingkoper gekoop is, was in Januarie R1 001 275, die eerste keer dat dit die miljoenrand-kerf oorskry het.

Die positiewe uitleenpraktyke van die banke verbeter likiditeit in die huismark en kan meer nuwelingkopers aanmoedig om tot die mark toe te tree.

Samuel Seeff, voorsitter van die Seeff Property Group, sê saam met die verligting van persoonlike inkomstebelasting kan die hereregte-aanpassing nie net die nuwelingkopermark ’n hupstoot gee nie, maar ook die lae- tot middelinkomstemark met huise van tot sowat R1,8 miljoen.

“Die eiendomsmark bied uitstekende toestande vir kopers, daar is meer huise om van te kies en verkopers is meer geneig om te onderhandel.”

Toni Enderli van Realtor of Excellence in Kaapstad sê ontwikkelaars kan nie voorbly nie. Een van die nuutste ontwikkelings wat op die intreevlak-mark gerig is, is International Housing Solutions se Ihlathi-ontwikkeling in Parklands in Blouberg, waar die prys van ’n eenslaapkamereenheid op R689 999 begin.

John Loos, ekonoom by FNB se kommersiële eiendomsafdeling, verwag nie dat die nuwe hereregte-drempel ’n betekenisvolle verandering teweeg gaan bring nie.

“Teen die agtergrond van die swak ekonomiese groei en die werksverliese, asook lae sake- en verbruikersvertroue, kan ’n mens nie wonderwerke verwag nie.”

Meer oor:  Seeff  |  Huispryse  |  Eiendomme  |  Huiskoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.