Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
’n Woning vir lekker onthaal

Dié woning in Waterkloofhoogte, Pretoria, is ’n ideale huis vir gesinne wat graag onthaal en die buitelewe geniet. Die woning is baie goed in stand gehou, en kopers kan dus dadelik intrek.

Dié huis in Waterkloofhoogte met die netjiese tuin (inlas) en swembad is ideaal vir mense wat graag onthaal.

Die geteëlde leefareas bestaan uit die formele sitkamer, eetkamer, ingeboude kroeg, oopplan- TV-gesinskamer en ’n kombuis wat na die ruim onderdak-onthaalarea en swembad vloei.

Die gasvrou kan deel in die pret buite vanuit die oopplan- kombuis met sy luukse, ligkleurige graniet-oppervlakke, ingeboude Easylife-kaste, baie werkspasie en Whirlpool-plaat.

Die kombuis spog met baie kaste.

Die opwasarea is apart van die kombuis en het dieselfde afwerking as die kombuis.

Die “louvre”-dak van die onthaalarea kan elektries gereguleer word wanneer dit reën, en dit sal verseker dat jou gaste nie natreën nie.

Die lapa, met sy ingeboude braai, is teen die boonste helling van die erf geleë en bied ’n asemrowende uitsig oor die vallei.

Die ekstragroot swembad sal almal koel hou op warm somersdae, terwyl die boomryke tuin met sy interessante uitleg ’n lekker speelplek vir kinders en troeteldiere is.

Daar is vier ruim slaapkamers, elk met ingeboude kaste, plus drie badkamers. Die hoofslaapkamer het direkte toegang tot die tuin en spog met ’n hoekbad in die en suite-badkamer. ’n Aparte toilet en stort asook ’n “his and hers”-wasbakarea met baie kaste, rond hierdie lieflike hoofslaapkamer af.

Die studeerkamer is by die voordeur, maklik vir kliënte om in en uit te glip sonder om die gesin te steur as jy ’n klein onderneming tuis bedryf.

Die oorgrote deel van die grensmuur is gebou uit steen en klip wat destyds uitgegrawe is toe die tuin uitgelê is.

Dit vorm ook die grondslag van die huis se sekuriteit. Die muur is verhoog met ’n bykomende palissade-heining en elektriese omheining, terwyl ’n alarm in die huis geïnstalleer is.

Daar is ’n dubbel- outomatiese motorhuis en oorgrootte afdak vir ’n woonwa plus ’n kleiner motor.

’n Hoekie vir lekker gesinsetes.

Bykomende oop parkeerplekke voorsien in die behoeftes van besoekers.

Die personeelkwartiere bestaan uit ’n kamer met ’n aparte toilet, wasbak en stort en kan maklik verander word in ’n woonstel.

Hierdie woning is baie goed geleë naby die Pretoria- en Waterkloof-buiteklub asook verskeie restaurante, die nuwe Hazelwood Club-ontwikkeling, die Menlyn Maine-node en verskeie uitstekende skole.

Daar is ook maklike toegang tot die snelweg vir diegene wat in die noorde en suide werksaam is.

’n Gesellige leefarea.

Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.