Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nepi: ‘Ons hande is skoon’

Nepi Rockcastle het beleggers Vrydag verseker dat hy goeie korporatiewe beheer uitoefen.

Aupark Kosice winkelsentrum
Die Aupark Kosice Winkelsentrum in Slowakye wat aan Nepi Rockcastle behoort.

Nepi, een van die eiendomsfirmas wat verlede jaar midde-in ’n storm oor beweerde binnehandel was, sê die enigste ondersoek wat hom nog betrek, handel oor aandeletransaksies deur derde partye.

Die Gedragsowerheid vir Finansiële Dienste (FSCA), die owerheid wat onder meer waghou oor genoteerde firmas se doen en late, het in Maart ’n ondersoek na binnehandel gesluit. In Mei is die ondersoek na moontlike vals en misleidende verslagdoening gesluit.

Die sluiting van die ondersoeke beteken geen wangedrag kon deur die maatskappy se werknemers of sy direkteure gevind word nie.

Die enigste ondersoek wat voortduur, gaan oor “moontlik verbode verhandelingspraktyke”, maar dit gaan oor derde partye wat na bewering Nepi-aandele verhandel het.

Nepi wys daarop dat die onafhanklike navorsingsfirma Sustainalytics in April bevind het dat die maatskappy ’n lae risiko loop dat probleme met korporatiewe beheer, omgewing- of maatskaplike sake ’n finansiële impak op Nepi sal hê. Nepi het lae blootstelling aan dié probleme en bestuur dit “toepaslik”. Sy korporatiewe beheer word as “sterk” aangeprys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.