Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nieu-Seeland stel perke vir buitelandse huiskopers

Die Nieu-Seelandse regering gaan dit moeiliker maak vir buitelanders om ’n huis in dié land te koop.

Die regering het Woensdag die finale weergawe van wetgewing wat buitelanders verbied om bestaande residensiële eiendom te koop in die parlement voorgelê. Dié wet is ’n poging om te keer dat spekulante huispryse die hoogte in laat skiet.

Die wysigingswetsontwerp vir oo

’n Lugfoto van ’n residensiële voorstad in Auckland, Nieu-Seeland. Foto: IStock

rsese beleggings sal binne twee maande nadat dit deur die goewerneur-generaal goedgekeur is, van krag word, sê David Parker, ’n medeminister van finansies.

“Die regering glo burgers van Nieu-Seeland behoort nie deur ryker buitelanders uit die mark gedruk te word nie,” sê Parker.

“Hierdie wetgewing verseker dat die markkragte vir die huismark in Nieu-Seeland bepaal word en nie in die internasionale mark nie, of dit nou vir ’n pragtige landgoed langs ’n meer of die see is, of ’n beskeie voorstedelike huis.”

Jacinda Ardern, die eerste minister, het ’n beperking op buitelandse huiskopers deel van haar verkiesingsveldtog in 2017 gemaak.

Huispryse in Nieu-Seeland het die afgelope dekade met meer as 60% gestyg.

Data wys wel dat buitelanders net ’n klein rol in die eiendomsmark in Nieu-Seeland speel, maar welgestelde en bekende Amerikaners wat huise in die land koop, skep wel die indruk dat hulle van die land se beste eiendom opraap.

Die nuwe wet, wat Nieu-Seeland sê hom in pas met Australiese wetgewing bring, klassifiseer residensiële grond as “sensitief”, wat beteken diegene wat nie inwoners of burgers van Nieu-Seeland is nie, mag nie bestaande huise koop sonder toestemming van die kantoor vir buitelandse beleggings nie.

Buitelandse kopers sal moet bewys dat hulle die getal residensiële eenhede in die land gaan verhoog en dit dan gaan verkoop deur byvoorbeeld ’n blok woonstelle te bou waar daar voorheen ’n huis was, of die grond vir ander gebruik gaan omskep.

Hulle sal moet bewys dat dit wat hulle beplan tot voordeel van die land as geheel is.

Ryk beleggers waarsku die verbod kan wyer beleggings in die ekonomie knou.

Oorsese beleggers sal wel steeds nuwe huise kan koop.

Hulle sal ook in aftreeoorde, studentebehuising en versorgingseenhede kan belê.

Mense met geldige verblyfvisums wat minstens 183 dae per jaar in Nieu-Seeland woon, sal wel bestaande huise kan koop sonder om spesiale toestemming te kry.

– Bloomberg

Meer oor:  Nieu-Seeland  |  Eiendomme  |  Buitelandse Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.