Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nog Da Vinci-skilderye in private besit
Een van twee - moontlik selfs drie - soortgelyke skilderye van Maria met die baba Jesus op haar skoot wat Leonardo da Vinci geskilder het.

Salvator Mundi, die Christus-skildery van Leonardo da Vinci wat onlangs vir $450,3 miljoen verkoop is, was nié die laaste Da Vinci-werk in private besit nie.

Twee kleiner skilderye van Maria en die baba Jesus op haar skoot sal tot $200 miljoen elk haal indien hulle te koop aangebied sou word, volgens ’n kunskenner.

Die skilderye beeld ’n kruisvormige stok uit wat gebruik word om wol op te wen, wat die naam Die Madonna van die Wolopwenner aan albei besorg het. Een van hulle is ook as die Buccleuch-Madonna bekend.

Martin Kemp, ’n Da Vinci-kundige aan die Universiteit van Oxford, sê hy weet wie albei die eienaars is.

Christie’s, wat die Salvator Mundi in November opgeveil het, hou vol sy beskrywing van die Salvator Mundi is akkuraat.

Een van die skilderye word reeds sedert 2009 deur Skotland se Nasionale Kunsmuseum uitgestal. Dis deel van ’n langtermynlening uit die familietrust van die graaf van Buccleuch, wie se familie dit al 250 jaar besit.

Die skildery is in 2003 uit die graaf se Drumlanrig-kasteel in Skotland gesteel, maar vier jaar later weer opgespoor. Destyds is dit vir $65 miljoen gewaardeer.

Leonardo da Vinci se Verlosser van die Wêreld (Salvator Mundi), wat onlangs vir $450,3 miljoen verkoop is.

Die trust is nie van plan om die skildery te verkoop nie, volgens die museum.

Richard Scott, tiende graaf van Buccleuch en voorsitter van die trust, wou nie self kommentaar lewer nie.

Die tweede skildery, bekend as die Lansdowne-Madonna, is in 1999 deur Wildenstein & Co. in New York aan ’n private versameling verkoop en dit is na verneem word steeds in dié versameling. Die eienaar is nie bekend nie.

Een van die werke is geskilder op aanvraag van Florimond Robertet, ’n administrateur van die hof van koning Louis XII van Frankryk, voordat Da Vinci Milaan in 1499 verlaat het. Die ander was in die kunstenaar se ateljee toe hy dood is.

Hy het waarskynlik gelyktydig aan albei gewerk.

Die grootste verskil tussen die twee skilderye is die agtergrond. Die Buccleuch-Madonna het ’n seetoneel en eiland op die agtergrond en die Lansdowne-Madonna ’n Switserse bergreeks.

Daar word bespiegel dat ’n ander kunstenaar ten minste die agtergronde geskilder het. Dit was standaardpraktyk in die ateljee van bekende kunstenaars dat assistente van die detail in hul skilderye geverf het.

Minder as 20 Da Vinci-skildery bestaan nog. Die Madonnas is later in sy lewe geskilder.

Sommige kenners meen daar is ook ’n derde soortgelyke skildery.

– Bloomberg, verkort

Meer oor:  Kunsveilings  |  Madonna
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.