Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nog ’n Peter Clarke opgeveil
Peter Clarke se Dinge kannie so aangaan nie.

Aspire Art Auctions is tans die topverkoper van die geliefde Kaapse kunstenaar Peter Clarke se kunswerke wêreldwyd.

In Junie het die maatskappy ’n wêreldrekordprys op ’n veiling vir Peter Clarke se Lazy Day (1975) behaal, wat vir meer as R1,4 miljoen verkoop het. Dit volg op Aspire se eie vorige wêreldrekord vir een van die kunstenaar se gouache-werke, Tesselaarsdal, wat in November 2017 vir R932 176 verkoop is.

Aspire Art Auctions kondig met trots aan dat nog ’n besonderse werk deur Peter Clarke in die mark aangebied word. Die kunswerk getiteld Dinge kannie so aangaan nie is geskilder in 1976, kort nadat Clarke se gesin, ingevolge die vorige bedeling se Groepsgebiedewet, uit Simonstad gedwing is en na Ocean View verplaas is. In hierdie werk lewer Clarke subtiele kritiek op apartheid se brutale maatskaplik-ekonomiese effekte.

Die waarde van die werk word geskat op tussen R500 000 en R800 000. Dit sal op 28 Oktober in Johannesburg opgeveil word.

Meer oor:  Aspire Art Auctions  |  Veilings  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.