Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Nóg sentrums van Shoprite opgeveil

Die Shoprite Group is steeds besig om sy nie-kern-eiendomsportefeulje te herskommel en nóg vier eiendomme word later in Maart deur High Street Auctions (HSA) onder die hamer gebring.

Dit kom nadat die kleinhandelreus in November verlede jaar 12 eiendomme op ’n veiling van die hand gesit het vir ’n totaal van meer as R285 miljoen. Bieërs het straf meegeding en die Shoprite-sentrum in Vryheid in KwaZulu-Natal het R60 miljoen gehaal.

Lance Chalwin-Milton, mede-besturende direkteur van HSA, sê Shoprite het opdrag gegee dat die bates vir die beste prys moontlik verkoop moet word en HSA het daarin geslaag.

Die Mfuleni-Shoprite-sentrum naby Kaapstad is een van vier eiendomme wat op 13 Maart deur High Street Auctions opgeveil gaan word.

Hy sê die vraag na die eiendomme wat Shoprite laat opveil, neem toe. Die eiendomme word verkoop met nuwe ankerhuurderooreenkomste van tussen vyf en tien jaar wat teen oordrag in werking tree.

Die vier sentrums wat later in Maart verkoop gaan word, is in Kimberley, Middelburg in Mpumalanga, Kroonstad en Mfuleni naby Kaapstad.

Die Shoprite-eiendom in Chapel-straat in Kimberley het Shoprite as ankerhuurder. ’n Nuwe tienjaar-huurkontrak is by oordrag beskikbaar, asook drie vyfjaarhernuwingsopsies daarna. Ander huurders in die sentrum wat ’n erfgrootte van 7 487 m² het en ’n bruto verhuringsruimte van 3 706 m², sluit in Pep Cell, Business Zone en Hungry Lion. Die verwagte bruto jaarlikse inkomste is sowat R4,7 miljoen.

Die buurtsentrum in Middelburg by die kruising van John Magagula- en SADC-straat het Shoprite as ankerhuurder. ’n Nuwe tienjaar-huurkontrak is by oordrag beskikbaar, asook drie vyfjaarhernuwingsopsies daarna. ’n Nuwe huurooreenkoms van tien jaar is ook vir Shoprite Liquor beskikbaar by oordrag. Die sentrum het ’n bruto verhuringsruimte van 10 000 m² en ’n verwagte bruto jaarlikse inkomste van R20,5 miljoen.

Die volverhuurde Kroonstad-buurtsentrum is in Buitenkantstraat en het Shoprite as ankerhuurder. ’n Nuwe Shoprite-tienjaar-huurkontrak is by oordrag beskikbaar, asook drie vyfjaarhernuwingsopsies daarna. Die sentrum het ’n brutoverhuringsruimte van 3 282 m² en die verwagte bruto jaarlikse inkomste is sowat R7,8 miljoen.

Die vierde sentrum wat in Maart opgeveil gaan word, is ’n buurtsentrum in Mfuleni naby Kaapstad, wat ook Shoprite as ankerhuurder het. Die sentrum het ’n brutoverhuringsruimte van 5 219 m² en ’n verwagte bruto jaarlikse inkomste van sowat R10,2 miljoen.

Die veiling word op 13 Maart om 12:00 by Summer Place in Hyde Park in Johannesburg en by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad gehou met regstreekse uitsendings op die internet tussen die twee persele.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.