Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Obi-Wan se ligsabel en Jack Sparrow se hoed te koop

Wat sal jy bereid wees om vir Obi-Wan Kenobi se ligsabel te betaal?

Obi-Wan Kenobi (Ewan McGregor) met sy ligsabel. Foto: Lucasfilm

Goeie nuus vir stoere aanhangers van die Star Wars-fliekreeks is dat ’n ligsabel wat die karakter Obi-Wan in Star Wars: Revenge of the Sith gebruik het, einde Desember opgeveil word.

Prop Store, die Londense afslaer wat dié en ’n klomp ander gedenkwaardighede uit bekende flieks gaan verkoop, verwag ’n stewige bedrag vir dié wapen.

Stephen Lane, besturende direkteur van Prop Store, meen die ligsabel is tussen £80 000 en £120 000 werd. Teen die huidige wisselkoers beteken dit enige Suid-Afrikaanse Padawan (’n leerling-Jedi), sal tussen R1,7 miljoen en R2,56 miljoen daarvoor moet betaal.

As Star Wars jou koud laat, hier is ’n lys ander gedenkwaardighede wat opgeveil gaan word:

  • Die blinkleerstewels wat Vivian (Julia Roberts) in Pretty Woman gedra het. Waarde: £10 000 - £15 000;
  • Kaptein Jack Sparrow (Johnny Depp) se hoed wat hy in Pirates of the Caribbean: On Stranger Tides gedra het. Waarde: £10 000 - £15 000;
  • Pete “Maverick” Mitchell (Tom Cruise) se baadjie wat hy in Top Gun gedra het. Waarde: £12 000 - £16 000;
  • Neo (Keanu Reeves) se hele pak van The Matrix Reloaded. Waarde: £40 000 - £60 000;
  • Tyler Durden (Brad Pitt) se rooi leerbaadjie wat hy in Fight Club gedra het. Waarde: £20 000 - £30 000;
  • Die Joker (Jack Nicholson) se Fedora-hoed wat hy in die Batman gedra het. Waarde: £20 000 - £30 000; en
  • James Bond (Daniel Craig) se oefenpak wat hy in Skyfall gedra het. Waarde: Sowat £15 000.

Dié items is nie al wat opgeveil gaan word nie.

Na verwagting gaan sowat 900 items uit 350 flieks en televisiereekse te koop wees tydens die veiling, wat oor twee dae aanlyn sal plaasvind.

– Reuters, verwerk

Die bemarkingsplakkaat vir die fliek Pretty Woman.
Tom Cruise en Kelly McGilles in Top Gun. Foto: Paramount
Meer oor:  Flieks  |  Veilings  |  Star Wars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.