Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ondersoeke oor binnehandel by Resilient & kie gestop

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het drie ondersoeke oor beweerde binnehandel by Resilient, Fortress en Nepi Rockcastle gestaak, maar die een teen Greenbay (wat intussen sy naam na Lighthouse Capital verander het) duur voort.

Des de Beer, uitvoerende hoof van Resilient.

Die ondersoeke teen Resilient, Greenbay en Fortress is almal ’n jaar gelede begin terwyl die een teen Nepi in later die jaar bygevoeg is.

Dit het gevolg na aantygings van aandeelprysmanipulasie by Resilient en die drie eiendomsmaatskappye op die JSE waarin hy 'n stigtersrol gespeel het naamlik Nepi Rockcastle, Fortress en Greenbay.

Die FSCA het in Desember meer inligting oor sy ondersoeke bekendgemaak.

Lees ook: FSCA ondersoek ook nou binnehandel by Nepi

Brandon Topham, nuwe hoof van ondersoeke en wetstoepassing van die FSCA, het Maandag aan die media gesê drie van die ondersoeke gaan gesluit word omdat geen bewyse gekry is van binnehandel nie.

In Desember het die FSCA gesê die binnehandel by Greenbay hou verband met aandeelverhandeling wat plaasgevind het voor die aankondigings op die JSE se nuusdiens van 31 Mei 2016, 21 September 2016, 30 Mei 2017, 16 Maart 2017 en 8 Augustus 2017. Al die aankondigings hou met boekbou-sake verband.

Die FSCA ondersoek wetsoortredings in die finansiële markte insluitend binnehandel, verbode verhandelingspraktyke en vals en misleidende verslagdoening oor ’n openbare maatskappy se sake.

Die ondersoeke oor markmanipulasie teen Fortress, Greenbay, Nepi en Resilient duur almal voort, asook die ondersoeke oor vals en misleidende verslagdoening teen Nepi en Resilient.

Nog binnehandel by Steinhoff ondersoek

Op die lys van alle binnehandelsake wat die FSCA tans ondersoek, is nóg een teen Steinhoff gevoeg.

Dit is ook een wat in Desember 2017 plaasgevind het voor die bom by die maatskappy gebars het.

Twee ander binnehandelsake by Steinhoff is reeds op die lys.

Twee ondersoeke oor vals en misleidende verslagdoening teen Steinhoff oor sy jaarstate vir 2015, 2016 en 2017 duur ook nog voort.

Meer oor:  Steinhoff  |  Fortress  |  Binnehandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.