Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Onthou dít as jy huisverband na ander bank skuif

Het jy al ooit oorweeg om jou huislening van een bank na ’n ander bank te skuif? Daar is baie redes waarom mense dit doen – soos beter diens, waarde en rentekoerse, wanneer mense trou en kostebesparing op lang termyn.

  

Stanley Mabulu, hoof van verkope by FNB Home Loans. Foto: VERSKAF

Stanley Mabulu, hoof van verkope by FNB Home Loans, sê verbruikers moet die volgende in ag neem:

  • Wanneer jy van bank verander, doen jy tegnies om ’n nuwe huislening aansoek. Jy moet dus ’n volledige leningsaansoek voltooi, waarna die standaardprosedures sal volg.

“Indien jou geldsake nie in orde is nie, is daar ’n goeie kans dat jou leningaansoek nie suksesvol sal wees nie.”

  • Die tariewe en kostes wat jy normaalweg vir ’n nuwe huislening moet betaal – soos die registrasiegeld van jou verband – is steeds van toepassing as jy jou lening van die een bank na ’n ander skuif.

“Omdat jy ’n nuwe huislening uitneem, moet jy by die aktekantoor die aanvanklike verband kanselleer wat jy geregistreer het toe jy die huis gekoop het. Dit kan jou ekstra geld kos.”

Jy kan ook moontlik beboet word deur jou kredietverskaffer omdat jy jou huislening vroeër by hom wil beëindig. Dít gebeur as jy nie die bank 90 dae voor die tyd van jou voorneme in kennis gestel het nie.

Dit is beter om al jou bank­sake te skuif na die bank waar jy jou huisverband uitgeneem het en dié bank jou primêre bank te maak. Dit kan jou meer waarde gee en só kan jy ook jou finansies beter bestuur.

“Verbruikers wat meer as een huislening by verskillende kredietverskaffers het, vind dit ook meer waardevol om te skuif. Om jou eiendomsportefeulje by een bank te hê, maak dit makliker, meer kostedoeltreffend en sorg ook vir meer waarde op die lange duur,” sê Mabulu.

Dit is baie algemeen vir kredietverskaffers om kliënte met onweerstaanbare aanbiedinge te lok sodat hulle van bank moet verander. As jy beplan om van bank te verander, maak seker jy het jou huiswerk gedoen en jou opsies by ander banke goed oorweeg en teen mekaar opgeweeg.

“Om ’n huislening te skuif, kan op die lange duur voordelig wees indien jy dit versigtig oorweeg het en dit in ooreenstemming met jou persoonlike finansiële plan is.”

Meer oor:  Huiskoop  |  Skuld  |  Huislenings  |  Huisverband  |  Huiskopers  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.