Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ontwerper se argief te kry
Die Amerikaanse ontwerper Geoffrey Beene (1927-2004). Foto: Hindman Auctions

Die klere-argief van een van Amerika se bekendste ontwerpers in die 20ste eeu gaan in November ten bate van kankernavorsing deur Hindman Auc­tions opgeveil word.

Onder Geoffrey Beene (1927-2004) se kliënte het getel die voormalige Amerikaanse presidentsvrou Jackie Kennedy Onassis en Paloma Picasso. Hy het ook die trourok van pres. Lyndon B. Johnson se dogter Lynda Bird Johnson ontwerp.

Die argief getiteld “Clothes that Care” sluit in ontwerpersuitrustings uit Beene se persoonlike versameling, wat die afgelope 15 jaar sorgvuldig bewaar is.

Beene word in dieselfde asem genoem as van die wêreld se voorste modeontwerpers soos Chanel en Balenciaga. Hy was ’n prominente figuur in die ontluiking van die Amerikaanse modebedryf ná die Tweede Wêreldoorlog. Hy was veral ’n baanbreker wat onafhanklik was van die voorskrifte van die Europese modewêreld. Hoewel hy sy opleiding in New York en in Parys gedoen het, het hy kort nadat hy sy vakleerlingskap by ander ontwerpers voltooi het, weggebreek uit die Europese tradisie. Sy eerste versameling het die voorblad van Vogue gehaal en in 1963 het hy sy eie reeks bekend gestel.

Die veiling word op 20 November in Chicago gehou.

Meer oor:  Geoffrey Beene  |  Argief  |  Ontwerper  |  Clothes That Care  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.