Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ontwikkelaarsdroom kom onder die hamer
Dié onvoltooide gebou vir gemengde gebruik in Elsiesrivier in Kaapstad is op BidX1 Suid-Afrika se aanlyn veiling op 6 November beskikbaar. Die openingsbod is R45 miljoen en die verwagte maandelikse huurinkomste beloop R850 000.

’n Beduidende geleentheid vir ’n ontwikkelaar is op BidX1 Suid-Afrika se aanlyn veiling op 6 November te kry.

Dié geleentheid is ’n onvoltooide vyfverdiepinggebou vir gemengde gebruik in Elsiesrivier in Kaapstad. Die gebou behels vier verdiepings met 100 wooneenhede plus kleinhandelruimte op die grondvloer.

Die openingsbod is R45 miljoen en die verwagte maandelikse huurinkomste is R850 000. Dit is 10 km vanaf die stad se kern en maklik toeganklik vanaf die N1-, die N7- en die N2-hoofweg.

Dié eiendom is net een van verskeie aanloklike kommersiële opsies op die veiling, sê MC du Toit, uitvoerende hoof van BidX1 Suid-Afrika.

In Uitspanstraat by die ingang na Vredenburg, ’n sentrale dorp aan die Weskus wat as sake­spilpunt vir die plaaslike gemeenskap dien, is ’n moderne kommersiële eiendom beskikbaar.

Die eiendom van 1 024 m² op ’n erf van 1 368 m² is ideaal vir gebruik as ’n fabriek, pakhuis of vertoonlokaal.

Dié moderne kommersiële eiendom in Uitspanstraat by die ingang na Vredenburg aan die Weskus is ook te kry. Dit het ’n openingsbod van R6 miljoen.

“Die eiendom, wat oorspronklik gebruik is as ’n motor/bootvertoonlokaal met ’n handelaarskap en werkswinkelruimte, het ’n openingsbod van R6 miljoen,” sê hy.

Dit het ’n aantreklike multi­gebruik- argitektoniese ontwerp en beskik oor voldoende par­kering. ’n Omheinde kommersiële erf langsaan van dieselfde grootte is ook te koop, wat ’n uitbreidingsopsie vir die bestaande eiendom bied.

In die nywerheidstad Vanderbijlpark suid van Johannesburg is ’n erf van 5 121 m² te kry.

Die eiendom behels sewe ge­konsolideerde erwe en is ideaal vir ’n ontwikkeling vir gemengde gebruik.

Die openingsbod is R5,5 miljoen.

Du Toit sê die erf in Barend Buys-straat lê naby aan die Vaal Mall en is maklik toeganklik met hoë sigbaarheid.

Aanlyn veilings van kommer­siële en residensiële eiendom het die afgelope jaar behoorlik vlamgevat.

“Verkopers hou van die onmiddellikheid waarmee transaksies beklink word omdat verkope nie onderworpe is aan kontrakte of finansiering nie.”

Hy sê as ’n lot verkoop is, is ’n wettige en bindende kontrak gesluit en kopers sowel as verkopers kan gemoedsrus hê dat geen heen-en-weer-onderhandelings gaan plaasvind nie.

Besoek www.bidx1.com of stuur ’n e-pos na info@za.bidx1.com vir meer inligting.

Meer oor:  Bidx1  |  Ontwikkelings  |  Aanlyn Veiling  |  Ontwikkelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.