Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ontwikkelings groei in moeilike jaar

Dit is wyd bekend dat 2018 ’n moeilike jaar in die Suid-Afrikaanse eiendomsmark was. Baie agente het met nuwe planne vorendag gekom om hul ondernemings aan die gang te hou en te laat groei.

Ontwikkelings soos die Turbine Hall in Newtown, Johannesburg, blaas nuwe lewe in middestede, wat weer lei tot nuwe belangstelling in woonplekke daar.

Een gebied waar daar steeds goeie groei was, was ontwikkelings, veral dié vir gemengde gebruik in of naby sentrale sakegebiede.

Volgens Richard Gray, uitvoerende hoof van Harcourts in Suid-Afrika, lyk dit asof dié tendens gaan voortduur.

Daar was die afgelope jare talle groot nuwe ontwikkelings in die middestad van Kaapstad en van Johannesburg. Albei dié stede se sentrale gebiede beleef sterk groei.

Aan die ander kant is daar ook steeds groot belangstelling in veiligheidsbuurte en woonstelontwikkelings in plekke soos Sandton en omliggende gebiede, sê hy.

Dit is ook die geval in dele van Pretoria, veral met die ontwikkeling van Menlyn Maine.

Hy meen daar sal steeds sterk groei in dié mark wees omdat baie mense hou van leefstylbuurte oor die gerief en veiligheid. Daar is ook dikwels gemeenskapsentrums, speelparke vir kinders en ’n gevoel van samehorigheid onder inwoners.

Volgens Gray vergeet mens dikwels dat dié ontwikkelings ook nuwe ekonomiese aktiwiteit na buurte bring. Hy noem Somerset-Wes in die Wes-Kaap as voorbeeld, waar van dié ontwikkelings so groot is dat talle nuwe geleenthede vir winkels en ander handelsbedrywighede geskep word – en dit lei weer tot werkskepping.

Meer oor:  Groei  |  Eiendomme  |  Eiendomsmark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.