Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Onyx, die koel nuwe kind in Roggebaai-gebied

Daar is ’n koel nuwe kind in Kaapstad se Roggebaai-gebied.

The Onyx (regs) was voorheen die gebou wat Nedbank se hoofkantoor gehuisves het, maar is sedertdien herontwikkel en bestaan nou uit ’n hotel, sowel as residensiële woonstelle en ’n restaurant.

’n Luukse nuwe hotelkompleks, The Onyx, het verlede maand sy deure direk oorkant die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum in dié gesogte gebied tussen die hawe en die stad geopen.

Die gebou is aan die Heerengracht geleë en benewens die hotel huisves dit ook ’n residensiële woonstelkomponent, sowel as ’n restaurant, MRKT, op die grondverdieping.

Dié ikoniese gebou was voorheen Nedbank se hoofkantoor in die stad, maar staan nou as The Onyx bekend. Die gebou het gemengde gebruik en bestaan uit die hotelkompleks sowel as woonstelle.

’n Klein sitkamer is ook in elkeen van die kamers ingerig.

Die reuse-herontwikkeling van die gebou is deur die ontwikkelingsmaatskappy Signatura behartig, onder die kennershand van die Kaapse argitek Robert Silke.

Die buitekant van die moderne gebou word gekenmerk deur wit aluminium-paneelwerk en gladde swart oppervlaktes, wat dit ’n kontemporêre voorkoms gee. Die afwerkings aan die binnekant van die gebou is ook ewe modern en gesofistikeerd en sluit ’n mooi marmervoorportaal in.

Die hotelverblyf word deur die hotelgroep Newmark Hotels bedryf en bestaan uit altesaam 102 kamers. Wat die hotel egter anders maak, is dat die hotelkamers as luukse, ruim woonstelle ingerig is. Gaste het ’n keuse tussen die volgende verblyfopsies: studio- of luukse studiowoonstelle, eenslaapkamerwoonstelle, luukse eenslaapkamerwoonstelle en tweeslaap-kamerwoonstelle.

Die hotelkamers in The Onyx is soortgelyk aan woonstelle, en spog elkeen met sy eie sitkamer en ten volle toegeruste kombuisie. Hierdie kamer is as ’n luukse studiowoonstel ingerig. Gaste kan ook in een- of tweeslaapkamerwoonstelle oorbly.

Al die kamers het moderne afwerkings gekry en is uiters gerieflik. ’n Ten volle toegeruste kombuisie in elke hotelkamer maak dit vir gaste moontlik om in hul kamers te eet.

’n Klein sitkamer is ook in elkeen van die kamers ingerig. Die binnenshuise versiering van die hotelkamers is deur Francois du Plessis behartig.

Van die ander geriewe in die hotel sluit onder meer ’n spa, gimnasium, swembad, ’n daaglikse kamerdiens, toegang tot WiFi, sowel as was- en droogskoonmaakdienste in.

Die vierde verdieping van die gebou huisves ’n kroeg en ontspanningsarea, met ’n mooi uitsig op Tafelberg, die hawe en die omliggende gebied.

Die residensiële komponent van The Onyx bestaan weer uit 35 studio-, een- en tweeslaapkamerwoonstelle, sowel as ’n handvol luukse dakwoonstelle waarin kopers kan belê. The Onyx se permanente inwoners kry almal ook toegang tot die hotelgeriewe en die dienste wat daar aan die hotelgaste gebied word.

  • Van den Berg was ’n gas by die mediabekendstelling van die hotel in Desember.
Meer oor:  Kaapstad  |  Eiendomme  |  Huisgids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.