Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Oorname van Atterbury goedgekeur
Die Mall of Africa in Waterfall City wat op 28 April sy deure geopen het. Foto: Sunday Sun

Die Mededingingskommissie het Rand Merchant Holdings se verkryging van ’n groot belang in die eiendomsmaatskappy Atterbury onvoorwaardelik goedgekeur.

Die partye het verlede week in ’n verklaring bekend gemaak RMH gaan ’n 25,01%-belang koop.

Atterbury besit onder meer ’n 20%-belang in Waterfall City en die nuwe Mall of Africa in Midrand. Attacq besit die ander 80%-belang in die ontwikkeling.

Volgens ’n verklaring deur die kommissie sal RMH met die transaksie beheer oor Atterbury verkry .

Twee ander transaksies is luidens dieselfde verklaring goedgekeur:

* Dié tussen die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en N3 Toll (N3TC), ’n maatskappy in private besit en konsessiehouer van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) wat betrokke is met die ontwikkeling en instandhouding van die N3-tolpad; en

* Die oorname deur die Liberty Group en die OBK van Trans African Concessions (TRAC), wat die konsessie hou vir die instandhouding van die N4-snelweg vanaf Solomon Mahlangu-rylaan.

Meer oor:  Attacq  |  Atterbury  |  Genoteerde Eiendom  |  Winkelsentrums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.