Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Opleidingsentrum onder die hamer

’n Eiendom net buite Rustenburg in die Mooinooi-omgewing, wat vantevore as ’n opleidingsentrum gebruik is, word op 20 September deur Bidders Choice opgeveil.

’n Lugfoto van die eiendom net buite Rustenburg in die Mooinooi-omgewing, wat op 20 September deur Bidders Choice opgeveil gaan word.

Dié eiendom van 5,5 ha het 22 lugverkoelde klaskamers, 35 kantore, drie werkswinkels, twee raadkamers en ablusiegeriewe. Daar is ook vier woonhuise op die perseel.

Volgens Bidders Choice is dit die ideale geleentheid vir eiendomsontwikkelaars en beleggers omdat die perseel vir verskeie gebruike aangewend kan word, onder meer as kantore, verblyf of ’n skool vir die plaaslike gemeenskap.

Die veiling word op 20 September om 11:00 op die perseel gehou. Besigtiging vind per afspraak plaas. Vir meer inligting kontak Pieter Geldenhuys by 082 808 1801 of besoek www.bidderschoice.co.za.

Meer oor:  Mooinooi  |  Rustenburg  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.