Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ou trui haal meer as R5 m.
Die sanger Kurt Cobain se olyfgroen trui het meer as R5 miljoen op ’n veiling in New York gehaal. Die trui is nog nooit gewas sedert die hoofsanger van Nirvana dit 26 jaar gelede aangehad het nie.Foto’s: Julien’s Auctions

Die olyfgroen trui van die ontslape grunge-sanger Kurt Cobain het vir meer as R5 miljoen op Julien’s Auctions se veiling in New York verkoop.

Die verkoopsprys was $334 000, meer as die voorveilingsberaming van $300 000. Dit verteenwoordig ’n mylpaal-oomblik in die alternatiewe grunge-sanger se erfenis.

Cobain het die trui in November 1993 vir die MTV Unplugged-sessie in New York gedra. Die trui, ’n mengsel van sybokhaar en akriel, is nog nooit gewas sedert die hoofsanger van Nirvana dit 26 jaar gelede aangehad het nie. Dit is vol vlekke, wat al daar was toe hy dit gedra het, en daar is ook ’n brandmerk van ’n sigaret. Dit word nietemin as een van die beroemdste truie ter wêreld bestempel.

Darren Julien, die president en uitvoerende hoof van Julien’s Auctions, sê dis belangrik dat dié soort artikels nooit gewas word nie omdat aanhangers, versamelaars en museums dit wil hê presies soos dit gelyk het toe die beroemde persoon dit gedra het. “As die vlekke uitgewas sou word, sal die trui heelwat minder werd wees.”

Cobain se Fender Mustang-kitaar, wat in 1993 spesiaal vir hom gemaak is, het vir $340 000 verkoop. Hy het dié kitaar tydens Nirvana se In Utero-toer in 1993 gespeel. Die kitaar is saam met ’n handgeskrewe brief van sy vrou, Courtney Love Cobain, verkoop, waarin daar staan dat dit een van sy gunstelingkitare was.

Meer oor:  Kurt Cobain  |  Veiling  |  Ou Trui  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.