Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ou wiele is nou meer werd as nuut

’n 90 jaar oue Austin-bakkie, wat in 1938 vir £5 gekoop is, is te kry.

Die 90 jaar oue Austin-bakkie gaan na verwagting vir tussen £14 000 en £16 000 op H&H Classics se veiling in Buxton verkoop. Bo is die binnekant van die bakkie wat ten volle gerestoureer is. Foto: H&H CLASSICS

Dit gaan na verwagting vir tussen £14 000 en £16 000 op H&H Classics se veiling in November verkoop word.

Die bakkie is in 1928 as interne werkvervoer deur die Austin-fabriek naby Birmingham gebou.

In 1938 is dit vir £5 deur ’n werknemer van Austin aangeskaf toe dié voertuigvervaardiger sy vloot werkvoertuie van die hand gesit het.

Dit is toe na Birstall naby Leeds geneem, waar dit gebruik is om kruideniersware af te lewer.

Die volgende eienaar was James Clark & Sons, ’n begrafnisondernemer in Skipton.

Die voertuig is sedert 1998 in die huidige eienaar se besit, wat dit goed bewaar het.

Dit is ten volle gerestoureer en word as in ’n uitstekende toestand bestempel.

Roger Nowell van H&H Classics sê bakkies soos dié is uiters skaars, wat dit ’n goeie belegging maak.

“Dit kan gebruik word vir private en korporatiewe promosiewerk deur ’n klein onderneming.”

Die veiling word op 28 November in Buxton in Engeland gehou.

Meer oor:  Veteraanmotors  |  Wiele  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.