Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Pakstukvervaardiger se bates kom onder hamer

Die inhoud van ’n pakstuk- en seëlvervaardigingsonderneming word op Donderdag 23 Mei deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil.

Van die bates van ’n pakstuk- en seëlvervaardigingsonderneming.

Andrew Dix-Peek van PVA sê die bates sal aanklank vind by meganiese vervaardigers, spesifiek diegene in die kragopwekking- en petrochemiese bedryf.

“Die bates is afkomstig van ’n gelikwideerde pakstuk- en seëlvervaardiger wat in die vervaardiging van skuurkurk-pakstukke gespesialiseer het.”

Onder die bates wat onder die hamer gaan kom, tel verskeie nywerheidspersmasjiene, onder meer ’n Browns, Bramley & Turton-persmasjien, asook hidrouliese persmasjiene en kragvoereenhede. ’n Atom-hidrouliese-pakstuk-snymasjien word ook aangebied, asook verskeie draaibanke en onderdele.

Ander noemenswaardige artikels sluit in ’n Elliot-freesmasjien en ’n Kaeser ASK27-nywerheidskompressor en tenk.

Die veiling sluit af met sny- en keepmasjiene, verskillende soorte rou materiale soos plaat- en afvalmetaal, gereedskap, kantoortoerusting, kabinette en rekenaars.

Die veiling word op 23 Mei by die perseel in Beryliumweg in Alrode in Alberton gehou. Die bates kan op 22 Mei van 09:00 tot 15:00 besigtig word.

* Vir meer inligting kan belangstellende bieërs vir Dix-Peek by 082 778 6001 bel of parkvillageauctions.co.za besoek.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Veiling  |  Bates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.