Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Parkeer hier vir R1,25 m.

Almal wil ’n huisie by die see hê, maar wat van ’n parkeerplek?

’n Nuwe advertensie vir ’n enkele parkeerplek op die dak van ’n woonstelblok in die Kaapse rykmansbuurt Clifton is besig om die internet op horings te neem.

Die parkeerplek, op die dak van die San Michele-woonstelblok in Victoriastraat in Clifton, is tans in die mark vir ’n stewige R1,25 miljoen.

Dit is sluit darem BTW in.

Die eiendomsgroep Dogon, wat dié deeltitel namens die eienaar(s) verkoop, beskou dit as ’n “seldsame” vonds in ’n gebied waar veilige parkeerplek so skaars soos hoendertande is.

Minstens het die parkeerplek ook ’n skitterende see-uitsig en is dit maar ’n klipgooi van Clifton se gewilde eerste strand.

Tog is R1,25 miljoen nie die meeste wat daar al vir ’n parkeerplek in Clifton opgedok is nie.

Pam Golding het in Desember 2017 ’n parkeerplek vir R1,65 miljoen daar verkoop.

Verskeie eiendomme in Clifton is ook te huur teen honderdduisende rande per dag. ’n Praghuis met drie slaapkamers, nege badkamers en vyf eetkamers gesetel langs Clifton se strande is byvoorbeeld te huur teen R150 000 per nag tydens die besige vakansietyd oor Desember.

Die parkeerplek wat vir R1,25 miljoen te koop is. Foto: Dogon

Meer oor:  Dogon Group  |  Eiendomme  |  Clifton  |  Parkeerplek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.