Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Huiskoop: Weet van patente en latente defekte
Om in so ’n “pophuis” te woon, is nie so erg soos wat dit dalk klink nie. Foto: iSTOCK

Wat is die verskil tussen patente en latente defekte, hoe ontdek ’n mens dit en wat is jou verantwoordelikheid as verkoper? Seeff gee raad.

Wanneer jy jou eiendom wil verkoop, is dit jou verantwoordelikheid as verkoper om probleme of foute waarvan jy bewus is aan die agent te verklaar, sê Steve van Wyk, Seeff se besturende direkteur in Centurion. Dit sluit in patente defekte (wat sigbaar is) en latente defekte (wat nie ooglopend is nie, soos strukturele probleme). Indien jy as verkoper die agent en koper nie in kennis stel daarvan nie, kan die koper die kontrak kanselleer of hof toe gaan.

Wanneer die verkoper werklik onbewus is van sekere defekte, behoort daar geen gevolge te wees nie. Daarom beveel Seeff ’n huisinspeksie aan. Die koper betaal vir die dienste van ’n huisinspekteur wat opgelei is om die alle defekte in ’n huis op te spoor. So ’n inspeksie kos gewoonlik tussen R4 500 en R8 000, afhangend van die huis se grootte.

Patente defekte sluit in gebreekte vensters, krake in die mure, geute wat uitsak, gebreekte teëls of teëls wat ontbreek, stukkende ligskakelaars, gebreekte kaste, verrotte houtwerk en brandmerke op matte.

Latente defekte sluit in dakke wat lek, foutiewe geisers, strukturele swakhede, foutiewe swembadpompe, geroeste interne pompe, klam areas wat net sigbaar word tydens swaar reën en ventilators wat verkeerd geïnstalleer is.

Meer oor:  Seeff  |  Huise  |  Latente  |  Patente  |  Eiendomme  |  Huiskoop  |  Defekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.