Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Pienk diamant binne 5 min opgeveil vir $50 miljoen
Die Pink Legacy is vir $50 miljoen verkoop.Foto: Christie’s

Dit het ’n volle vyf minute geneem voor die Pink Legacy, ’n enorme pienk diamant, vir $50 miljoen in ’n veiling in Genève, Switserland, opgeraap is.

Dit is die meeste wat daar nog vir ’n pienk diamant betaal is.

Die afslaer Christie’s, wat die diamant opgeveil het, het reeds voor die veiling gesê hy verwag die diamant sal vir $50 miljoen verkoop word. Dit is R722 miljoen teen die huidige wisselkoers.

CNBC berig Harry Winston, ’n Amerikaanse luukse handelsnaam, het die diamant gekoop en hom sommer onmiddellik herdoop.

Hy sal van nou af as die Winston Pink Legacy bekend staan.

Lees ook: KYK: Pas dié diamantskoene in jou Kerskous?

Die Pink Legacy is as ’n “fancy vivid” gegradeer. Dit is die suiwerste gradering volgens kleur wat aan ’n diamant gegee kan word.

Net sowat een uit elke 100 000 diamante is “fancy vivids”.

Die diamant is 18,96 karaat en een van die grootste pienk diamante wat daar is.

Hoewel Christie’s nie sê wie die eienaar was metdie veiling nie, het dit voorheen aan die Oppenheimer-familie behoort.

Meer oor:  Christie's  |  De Beers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.