Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Pik se hoewe onder hamer

Die kleinhoewe van wyle oudmin. Pik Botha in Heatherdale in Akasia in Pretoria-Noord word op 31 Augustus gesamentlik deur Bernardi Auctioneers en Villa Yukisan Eiendomme op ’n veiling verkoop.

Dié prima landbougrond van 20 480 m² sluit in verbeterings van 2 278 m², omring deur ’n sub-tropiese tuin.

Die verbeterings behels drie woonhuise en verskeie woonstelle en buitegeboue.

Die subtropiese tuin en huis van wyle oudmin. Pik Botha op ’n kleinhoewe in Akasia in Pretoria-Noord. Bernardi Auctioneers en Villa Yukisan Eiendomme veil dit gesamentlik op.

Die hoofhuis op die eiendom het vier slaapkamers, waarvan een ’n aansluitende badkamer het, nog twee badkamers, ’n kombuis met ’n opwaskamer en ’n buite-waskamer, ’n onderdak-patio met uitsigte op die tuin, ’n swembad en ’n onthaalarea. Langsaan die hoofhuis is ’n rehabilitasiekamer met ’n plonspoel.

Die tweede huis is ’n groot dubbelverdiepinghuis met vier slaapkamers, twee badkamers, ’n oopplan-sitkamer, ’n eetkamer, ’n sonkamer, ’n kombuis, stoorkamers, soldervertrekke en ’n oop balkon.

Die ruim binnekant van die hoofhuis. Die meubels en ander inhoud op die foto is nie beskikbaar op die veiling nie.

Die derde blyplek behels Botha se kothuis met ’n sentrale oopplan-biblioteek/onthaalarea met twee groot woonstelle aan elke kant.

Daar is ook ’n dubbele hoofhek met ’n woonstel by die hek, werkerskothuise, stalle, ’n pomphuis, ’n boorgat en ’n diesel-kragopwekker-aanleg.

Weens die grootte van die eiendom, is daar tientalle moontlike gebruike indien daar vir die vereiste soneringsregte aansoek gedoen word.

Dit sluit in ’n toevlugsoord/dagspa, ’n residensiële, aftree- of leefstylontwikkeling en as ’n plek van onderrig, heling of aanbidding.

Die veiling word op 31 Augustus om 12:00 op die perseel te Berglaan 170, Heatherdale Landbouhoewes, Akasia, gehou.

Die afslaers het ook opdrag gekry om die oorblywende los bates om 10:00 op te veil, onder meer staalrakke, ’n verskeidenheid van algemene en naslaanboeke en ’n versameling van muurgemonteerde jagtrofeë.

Fica-dokumente word vereis vir registrasie en vir eiendomstoegang.

Vir meer besonderhede, asook gedetailleerde foto’s, besoek www.bernardiauctioneers.co.za of bel vir Carl Bernardi by 082 445 1128 of 012 430 6914/5.

Meer oor:  Pik Botha  |  Pretoria-Noord  |  Veiling  |  Kleinhoewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.