Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Plaas in Knysna ná brand in die mark
Die panoramiese uitsigte op die strandmeer en Knysna vanaf Fairhill Estate, ’n plaas van 21 ha, wat per tender deur BKB Eiendomme verkoop word.

’n Unieke geleentheid is per tender deur BKB Eiendomme beskikbaar om ’n plaas van 21 ha in Knysna aan die Tuinroete te koop.

Dié plaas, Fairhill Estate, het panoramiese uitsigte op die dorp, die strandmeer en die Knysna-rivier.

Die hoofhuis op die plaas is erg beskadig in die brande in die gebied vroeër vanjaar en sal herbou moet word. Die eiendom het Eskom-krag en sy eie water.

Nog verblyf sluit in die Fairhill Lodge, ’n kothuis van 130 m², wat in 1991 gebou is. Dit het ’n oopplan-leefarea, twee slaapkamers, ’n badkamer, ’n studeerkamer, ’n gastetoilet en ’n bedekte stoep met uitsigte.

Die plaas val binne die dorpsgrens van Knysna met die moontlike potensiaal om die grond te laat hersoneer vir ontwikkeling, wat dit ’n gulde geleentheid maak vir ontwikkelaars.

Knysna is ernstig deur die brande geraak en groot dele het afgebrand. Die dorp is egter op pad na herstel, volgens Willie van Rensburg van BKB Eiendomme.

“Dit is ’n uitstekende eiendom, naby aan die dorp, wat dit sowel ’n uitstekende leefstyl- as ’n kommersiële geleentheid maak.”

Die eiendom kan slegs per afspraak besigtig word.

Tender­dokumente is by BKB Eiendomme te Ceciliaplein, Celiliastraat 110, Paarl, beskikbaar. Die tenders sluit op Vrydag 6 Oktober om 12:00 en word om 12:15 dieselfde dag oopgemaak.

Vir meer inligting besoek www.bkb.co.za of bel Willie van Rensburg by 083 261 7641, Albie Loubser by 082 573 9902 of Nico Louw by 082 899 8783 om te reël vir besigtiging.

Meer oor:  Tuinroete  |  Knysna  |  Knysna-Brande  |  Eiendomsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.