Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Plek om weg te kruip nou R2 mjd. werd

Toe ’n Amerikaanse nyweraar ’n wegkruipplek van San Francisco se mistige somerweer en sy skoonfamilie gesoek het, het hy nooit kon dink dit sou eendag meer as R2 miljard werd wees nie.

: ’n Wolf naby die Golden Gate-brug in San Francis
Die Golden Gate-brug in San Francisco.

Aan die begin van die 20ste eeu het Mortimer Fleishhacker sr. nege stukke grond langs mekaar in die dorpie Woodside gekoop vir ’n plek waar sy familie kon vakansie hou.

Dis nou in die hartjie van Silicon Valley en vir ’n netjiese $135 miljoen in die mark. Die stuk grond van byna 30 ha het darem ook nou sewe huise met altesaam 32 badkamers, drie swembaddens, ’n tennisbaan, ’n vrugteboord en verskeie tuine.

Green Gables, soos dit bekend staan, is in 110 jaar nog net twee keer voltyds bewoon: tydens die Tweede Wêreldoorlog en toe Fleishhacker en sy vrou, Bella, ’n jaar daar gewoon het voordat hulle Italië toe getrek het. Dis nou in besit van drie vertakkings van die familie, wat tien neefs en niggies insluit.

In die volgende geslag sal dit tot 17 toeneem, wat net te moeilik raak om te bestuur, sê Fleishhacker se agteragterkleinseun Marc. – Bloomberg

Meer oor:  Beleggings  |  Silicon Valley  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.