Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Preller se laaste werk onthul

Toe die gevierde kunstenaar Alexis Preller op 13 Januarie 1975 oorlede is, het daar een onvoltooide skildery in sy ateljee agtergebly, ’n werk waar die middelste deel van die doek delikaat met die gesig van ’n geheimsinnige figuur beskilder is.

Christ Head

Aspire Art Auctions gaan dié werk, Christ Head, vir die eerste keer op 3 April in die openbaar onthul. Dié geleentheid gaan gehou word by die Edoardo Villa-museum by die Universiteit van Pretoria en die geskiedenis en konsep gaan bespreek word.

Dié skildery verskyn in situ in die SAUK se dokumentêre rolprent oor Preller wat in die 1970’s vervaardig is. Dit het deel uitgemaak van die Men of Merit-reeks.

Preller word as een van die belangrikste en herkenbaarste moderne kunstenaars in Suid-Afrika bestempel en sy werk is hoogs versamelbaar. In die vier dekades sedert sy laaste uitstalling in 1975 kort voor sy dood het sy aansien van krag tot krag gegaan.

Die aanvraag na sy werk bly robuus en in 2018 is ’n omset van R32 miljoen plaaslik en in die buiteland behaal, volgens MutualArt.

Die geleentheid om die laaste Preller onder oë te kry is oop vir die publiek, maar ruimte is beperk. Om ’n plek by die geleentheid te bespreek, kontak Kathryn del Boccio by kathryn@aspireart.net of 011 243 5243.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.