Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Probleme wat verkoop vertraag

In vandag se aflewering van Eiendomspraatjies deur Isabel Jacobs Eiendomme, is die fokus op minder bekende struikelblokke wat in die koop-en-verkoopproses ondervind kan word.

Wees bewus van serwitute

Maak seker alle strukture wat jy beplan om op te rig, is op jou bouplanne aangedui. Foto: iSTOCK

Serwitute is die reg van toegang – die reg om oor ’n ander entiteit se eiendom te kan loop, ry of ander aktiwiteite te mag beoefen.

Nie almal van ons is bewus dat daar moontlik die een of ander serwituut op ons eiendom kan bestaan nie. Daarom wil ek uitbrei oor serwitute in die algemeen.

’n Serwituut is die geregistreerde reg oor ’n onroerende eiendom van ’n ander entiteit, dus laat dit die houer van so ’n serwituut toe om sekere aktiwiteite op die ander entiteit se eiendom te doen. Die eienaar of entiteit van so ’n eiendom se regte om te doen wat “hy” wil, is in so ’n geval beperk.

Byvoorbeeld, in die geval waar ’n serwituut geregistreer is op jou eiendom ten gunste van die plaaslike owerheid vir dienste, en jy het gras en bome geplant of enige ander struktuur onwettig daarop opgerig (soos plaveisel of ’n lapa), sal die verbeterings verwyder word indien die owerheid aan die dienste moet werk, en jou tuin of struktuur sal in die slag bly. Jy het geen verweer daarteen nie.

Die groot probleme ontstaan waar eienaars permanente strukture op sodanige serwitute opgerig het.

Indien die owerhede daarvan bewus word of aan die dienste op die serwituut moet werk, kan die eienaar gedwing word om die strukture te verwyder, al is dit ’n deel van jou huis. Indien die eienaar weier om sodanige strukture te verwyder kan die owerhede dit self verwyder en die koste daarvan teen die eienaar hef.

Sekere serwitute kan ’n negatiewe invloed op die waarde van ’n eiendom hê soos byvoorbeeld waar hoogspanningsdrade oor of naby ’n eiendom geplaas is. Waar dit oor weiding of landerye gespan is, bestaan die mening dat die magnetiese veld ’n negatiewe invloed op die diere en gewasse het.

In dorpsgebiede is dit nie net onaansienlik nie, maar daar word geglo dat dit ’n negatiewe uitwerking op gesondheid het.

Robin Hefer

Dit het noodwendig ’n negatiewe invloed op die verkoopswaarde van so ’n eiendom.

Nog ’n groot probleem is waar permanente strukture oor die serwitute gebou is – bouplanne sal nie deur die stadsraad goedgekeur word nie en dit kan die koop en verkoop van die eiendom benadeel.

Boulyne is gewoonlik 2 m vanaf die grenslyn en serwitute 1,89 m. Maak dus seker dat hierdie areas oop is voordat jy koop of verkoop.

Aanbouings

Aanbouings, veranderings aan binnemure, toemaak van stoepe, afdakke, Wendy-huisies, swembaddens, skadustrukture, hoenderhokke en voëlhokke is voorbeelde van strukture wat beslis op die bouplanne aangedui moet word.

Dink so daaraan, as jy in ’n vliegtuig sit en afkyk op ’n eiendom, moet alle areas wat nie oop grond is nie op die planne wees, asook die swembad as daar een is. Die Wet op Nasionale Bouregulasies (Wet 103 van 1977) is hier van toepassing.

  • Hefer is ’n professionele eiendomspraktisyn by Isabel Jacobs Properties. Kontak hom by 082555 0762 of robin@ijprop.co.za.
  • Lees in volgende week se Eiendomspraatjies meer oor hierdie onderwerp.
Meer oor:  Huisgids  |  Verkoop  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.