Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Pronkhuis in Sandton te kry

Park Village Auctions (PVA) gaan op 7 Mei ’n pronkhuis met vyf slaapkamers in Sandton op ’n veiling verkoop.

Dié huis in Gailweg in Morningside op ’n ruim erf van 2 737 m² verteenwoordig ’n luukse leefstyl, sê Jaco du Toit van PVA.

Dié pronkhuis in Morningside in Sandton het vyf slaapkamers en ’n woonstel.

Op die grondvloer het die huis ’n ingangsportaal wat uitloop op ’n formele sitkamer, ’n TV-kamer, ’n eetkamer, ’n studeerkamer en ’n kombuis met ’n opwaskamer, ’n spens en ’n instapyskas.

Daar is verder nog twee slaapkamers, waarvan een ’n aansluitende badkamer het en ’n groot onderdakpatio op die vloer. Buite is ’n ingeboude braai en ’n swembad.

Op die boonste vloer is ’n TV-kamer, twee slaapkamers met lugversorging en aansluitende badkamers en ’n hoofslaapkamer met ’n private sitkamer, ’n aantrekkamer, ’n aansluitende badkamer en ’n patio.

Die eiendom spog ook met ’n tweeslaapkamerwoonstel bo-op die dubbelmotorhuis en personeelverblyf wat uit twee kamers bestaan met ’n kombuisarea en ’n gedeelde badkamer.

Du Toit sê die huis wat deur ’n argitek ontwerp is, is gesofistikeerd met ’n warm gevoel.

Die veiling word op Dinsdag 7 Mei om 11:00 op die perseel gehou.

Die huis kan op Sondag 5 Mei van 12:00 tot 16:00 besigtig word. Vir meer inligting skakel 087 160 0521 of besoek parkvillageauctions.co.za.

Meer oor:  Park Village Auctions (Pva)  |  Sandton  |  Johannesburg  |  Eiendom  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.