Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Prys vir skaars William Kentridge kan lóóp

Ná die onlangse wêreldbekendstelling van William Kentridge se projek The Head & the Load by die Tate Modern se Turbine Hall bring Aspire Art Auctions een van Kentridge se belangrikste en geskiedkundigste werke op 28 Oktober na die veilingvloer in Johannesburg.

Drawing from Stereoscope  (Double page, Soho in two rooms) is ’n manjifieke groot werk wat in 1999 geskep is as ’n stilbeeld vir die agtste film in Kentridge se bekende Drawings for Projection-reeks.

William Kentridge se Drawing from Stereoscope word op 28 Oktober by Gibs in Illovo, Johannesburg, deur Aspire Art Auctions opgeveil.

Die toneel skets die sentrale karakter, Soho Eckstein, in sy kenmerkende strepiespak, waar hy mistroostig en kop geboë voor die kaggel in twee feitlik leë kamers staan – ’n belangrike oomblik in die ontwikkeling van die film se tema, aangesien dit die eerste keer is dat Soho in isolasie verskyn.

Drawing from Mine het einde verlede jaar sowat R5,4 miljoen op ’n Aspire-kunsveiling behaal.

Die werk word op R4,5 miljoen tot R6 miljoen geraam en word te koop aangebied te midde van ’n verhoogde vraag na Kentridge se werk.

Aspire het Kentridge se Drawing from Mine (Soho with Coffee Plunger and Cup)  in November verlede jaar vir R5 456 640 verkoop – ’n rekordprys vir ’n tekening deur Kentridge wat per veiling in Suid-Afrika verkoop is.

Artprice se Global 500 plaas die kunstenaar op 279ste ten opsigte van omset by ’n veiling, verkope in die primêre mark, getal uitstallings in museums en kommersiële galerye, en die vlak van erkenning onder onafhanklike kritici.

Vir meer inligting oor die veiling, besoek www.aspireart.net.

Meer oor:  Aspire Art Auctions  |  William Kentridge  |  Kuns  |  Kunsveilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.