Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
PVA se pakhuis is stampvol huisware

Park Village Auctions (PVA) hou volgende week ’n massiewe veiling van huisware- en geleentheidsdekorartikels, wanneer die voorraad van vier groothandelondernemings onder die hamer gebring gaan word.

Park Village Auctions (PVA) se pakhuis in Prolecon in Johannesburg is tjokkeblok vol van huisware en toebehore, afkomstig van vier groothandelondernemings. Dit word volgende week opgeveil.

Elaine Hague van PVA sê kleinhandelaars, spyseniers, organiseerders van geleenthede en huiseienaars behoort aanklank te vind by die veiling.

Eerste aan die beurt is ’n ruim keuse van rakke, gevolg deur glas- en breekware, insluitende glase, koeldrankoutomaatmasjiene, lekkergoed- en koekie-houers, bekers, borde, blompotte en ornamente. ’n Groot versameling plastiekware, asook stoorhouers, koelhouers, emmers, plastiektafels vir kinders en kosblikke gaan beskikbaar wees. Verder is daar kook- en bak-toerusting, servette, kerse, kershouers en ballonne te koop.

Diereliefhebbers gaan kan kies en keur onder ’n verskeidenheid hondebeddens, komberse, truie, kosbakke en diere-speelgoed.

Die laaste artikels wat opgeveil gaan word, sluit in broodblikke, moppe, besems, asblikke, spieëls, muurhorlosies, televisies, fotorame en tuingereedskap.

“Ons pakhuis is stampvol met iets vir ’n ieder en ’n elk,” sê Hague. Die artikels was vir die kleinhandelrakke bestem, wat beteken dat dit in ’n perfekte toestand is.

Die veiling word op 21 Mei om 10:30 by PVA se Prolecon-pakhuis in Proleconweg in Johannesburg gehou. Die artikels kan op 20 Mei van 09:00 tot 16:00 besigtig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.