Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
PVA verkoop sleepwaens, voertuie

Park Village Auctions (PVA) hou volgende week ’n massiewe voertuigveiling, wat ’n groot vloot vragmotors en sleepwaens insluit, asook voertuie wat in ongelukke beskadig is en herwonne voertuie.

Die bates wat te koop aangebied word, is afkomstig van ’n vervaardiger van peuselhappies, Carnival Foods, wat op die oomblik in sakeredding is.

PVA hou op 6 Desember ’n massiewe voertuigveiling.

Die verkoping word behartig deur PVA se sakereddingsafdeling, wat daarin spesialiseer om ondernemings wat in die moeilikheid is, van die hand te sit.

Die meeste van die ondernemings wat PVA só verkoop, benodig eenvoudig ’n kapitaalinspuiting of herstrukturering om in bedryf te bly, sê LeRoy Augustyn van PVA. Hy is vol vertroue dat die veiling die nodige belangstelling sal lok om die sakereddingspraktisyns se doelwitte te realiseer.

“Die verkoping is ’n gulde geleentheid vir vlootoperateurs om hul getal voertuie uit te brei en ook ’n geleentheid vir werkswinkeleienaars, paneelkloppers en onderdeleverkopers om goeie transaksies te beklink.”

Onder die voorspanmotors wat verkoop gaan word, tel ’n vloot van 2008 en 20011 Freightliners Argosy 440-voertuie, ’n 2003 Nissan UD290 en ’n 2008 Toyota Dyna.

’n Verskeidenheid sleepwaens met handelsname soos Henred Fruehauf, Knight Bodies en Afrit is ook beskikbaar, asook ’n vloot van Toyota-, Nissan- en Mitsubishi-vurkhysers.

PVA sê daar moet in gedagte gehou word dat die meeste van die voertuie met agterstallige lisensiegelde verkoop word, wat deur die koper betaal moet word.

Die veiling word op Donderdag 6 Desember vanaf 10:30 in Eerstelaan, Alberton, gehou.

’n Gedetailleerde katalogus is by www.parkvillageauctions.co.za beskikbaar.

  • Vir meer inligting of enige navrae, stuur gerus ’n e-pos na auctions@parkvillage.co.za.
Meer oor:  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.