Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
R6 miljoen vir ’n paar tekkies
’n Paar stokoud hardloopskoene van Nike wat vir ’n enorme R6 miljoen opgeveil is. Foto: Getty Images

As jy gedink het ’n R1 000 of selfs R2 000 is baie vir ’n paar tekkies, dink weer.

’n Versamelaar wat mal is oor Nike se tekkies het ’n allemintige $437 500 betaal vir dié vervaardiger se sogenaamde “Maanskoen”.

Dit is sowat R6,09 miljoen teen die huidige wisselkoers.

Die skoene is Dinsdag deur Sotheby’s in New York opgeveil.

Die tekkies is aan atlete gegee om te toets as deel van die kwalifisering vir die Olimpiese Spele in 1972.

Maar hoekom soveel vir dié paar tekkies?

Volgens Sotheby’s is daar net 12 paar van die skoene gemaak. Boonop is hierdie paar die enigste paar, sover daar vasgestel kan word, wat nooit gedra is nie.

The Guardian berig Mike Nadal, die versamelaar, was duidelik lus om skoene te koop. Hy het ook nóg $850 000 (sowat R11,8 miljoen) op 99 ander pare skoene bestee.

Die duurste paar skoene wat voorheen verkoop is, was ’n paar Converse-tekkies wat die basketbalster Michael Jordan in die basketbaleindstryd van die Olimpiese Spele in 1984 gedra het. Dié paar tekkies is in 2017 vir $190 373 verkoop.

Ander skoene wat Nadal gekoop het sluit in twee paar tekkies wat deur die rolprent Back to the Future II geïnspireer is.

Meer oor:  Sotheby's  |  Nike  |  Tekkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.