Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Rand wat skommel, raak genoteerde eiendom
Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse.

Vir genoteerde eiendomsgroepe is dubbelsyfergroei in uitkerings voorlopig iets van die verlede te midde van die politieke onsekerheid en ekonomiese teenwinde.

Die norm in uitkeringsgroei in dié uitdagende omgewing met erge skommelings in die rand, is deesdae gemiddeld 7% tot 8% en dit gaan nie gou verander nie.

“Dit is steeds ’n gesonde syfer wat inflasie klop, sê Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse.

Hy sê die onlangse versterking in die rand het die eiendomsgroepe met blootstelling aan die buiteland negatief geraak omdat hulle sensitiewer is vir randbewegings as dié groepe met ’n Suid-Afrikaanse fokus. Buitelandse blootstelling verteenwoordig tussen 40% en 50% van die Suid-Afrikaanse genoteerde eiendomsektor, sê hy.

“Die sterker rand het die opbrengskoerse van staatseffekte bevoordeel, maar weens hul buitelandse blootstelling kon talle eiendomsgroepe nie voordeel trek uit dié verstewiging nie,” sê hy.

In die jaar tot dusver, was die beste vertoner onder die vier tradisionele bateklasse sover dit die totale opbrengs (inkomste en kapitaal) aangaan, staatseffekte met ’n totale opbrengs van 15,3%. Genoteerde eiendom het ’n totale opbrengs van 8,8% gelewer, kontant 6,1% en aandele 3%.

In die lig van globale en plaaslike wisselvalligheid, raai Ndlovu beleggers in genoteerde eiendom aan om ’n langtermynsiening te handhaaf.

Hy sê faktore wat verdere ekonomiese onbestendigheid tot gevolg kan hê, sluit in die onsekerheid rakende die Amerikaanse presidentsverkiesing, potensiële rentekoersverhogings in die VSA, die gevolge van Brexit en ’n afname in kwantitatiewe verruiming deur die Europese Sentrale Bank (ESB).

Verskeie genoteerde eiendomsmaatskappye het onlangs hul finansiële resultate bekend gemaak.

Vir die jaar tot einde Augustus het Redefine Properties sy uitkering met 7,5% opgestoot tot 86 sent per aandeel. Andrew Köning, uitvoerende hoof, sê sonder twyfel was handelstoestande in die heersende makro-ekonomiese omgewing moeilik.

Vir die jaar tot einde Augustus, het Octodec uitkeringsgroei van 6,5% behaal, in ooreenstemming met die verwagting in die moeilike handelsomgewing.

Die Delta Property Fund het vir die ses maande tot einde Augustus uitkeringsgroei van 7,1% gelewer.

In sy maandelikse verslag oor genoteerde eiendom het Catalyst Fondsbestuurders sy kommer uitgespreek oor die makro-ekonomiese omgewing. “Daar is in die algemeen ’n ooraanbod van kantoorruimte in ’n omgewing met lae groei in die bruto binnelandse produk (BBP).”

Catalyst sê onderliggende eiendomsbeginsels bly ’n uitdaging en batebestuursvaardighede van bestuurspanne gaan ’n onderskeidende faktor wees.

Meer oor:  Redefine  |  Genoteerde Eiendom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.