Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Redefine oes talle pryse in

Die genoteerde Redefine Properties het talle pryse ingeoes op die Suid-Afrikaanse Raad van Winkelsentrums (SACSC) se Footprint-bemarkingsprysuitdelingsgeleentheid, wat onlangs in Durban gehou is.

Marijke Coetzee, Redefine se hoof van bemarking en kommunikasie.

Die pryse gee erkenning aan winkelsentrums wat presteer deur met innoverende bemarkingsidees, ekonomiese sukses, uitmuntende kliëntediens en skeppendheid vorendag te kom.

Redefine se Boulders-winkelsentrum in Midrand is met die Spectrum-prys bekroon vir sy “drie-uur-onbeperkte-gratis- Wi-Fi-veldtog” in die digitale bemarkingskategorie. In dié veldtog kon inkopiegangers toegang tot Wi-Fi kry vanaf toegewyde “hotspots”.

Dit het daartoe gelei dat inkopiegangers gemiddeld 35 minute langer in die sentrum vertoef het.

Redefine het ook met drie goue prys weggestap, waar die Ma­ponya Mall in Soweto bekroon is vir sy langste toebroodjie-veldtog in die verkope- en bemarkingskategorie.

In die kategorie vir uitbreiding en opknapping is Redefine saam met Abland bekroon vir Loftus Park in Pretoria. Die Boulders-winkelsentrum se Wi-Fi-veldtog het ook ’n goue prys gewen.

Redefine se Matlosana Mall in Klerksdorp en Maponya Mall het silwerpryse gewen vir die Malls 4 Schools-veldtog en die toebroodjie-veldtog.

Die Boulders-winkelsentrum het verder ’n bronsprys verwerf vir ’n crèche-opknappingsveldtog in die gemeenskapskategorie.

Marijke Coetzee, Redefine se hoof van bemarking en kommunikasie, sê die groep is trots dat sy pogings die erkenning gekry het in so ’n mededingende omgewing.

“Dit weerspieël die passie wat Redefine vir sy klante en huurders het,” sê sy.

Meer oor:  Midrand  |  Veilings  |  Eiendomme  |  Pryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.