Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Reklame help om werk te skep
Een van Isabel Jacobs Eiendomme se bushalte-advertensies in Pretoria.

Graag verwys ek na my agent en kollega Aggie Jordaan se artikel in Huisgids sowat twee weke gelede. Sy het die onderwerp van “integriteit in die eiendomsbedryf” aangeraak. Die vraag was of ons as eiendomspraktisyns onnodig deur die publiek geoordeel word. Ek wil graag verder daarop uitbrei en konsentreer op die indirekte bydrae wat die eiendomspraktisyns tot die stad Pretoria maak.

Die volgende vrae is so ’n rukkie terug in my kantore gestel: “Almal doen dit, hoekom nie ook jy nie?” en “Dink net, al die mense sal jou herken!” asook “Kom ons bemark Isabel Jacobs Eiendomme op ’n groter skaal!”

Ek praat van bemarking! Bemarking deur middel van die plasing van jou foto of die logo van jou maatskappy op verskeie bushaltes of ander soortgelyke blou afdakke en ook op die sogenaamde superafdakke. Ek is oortuig daarvan julle weet waarvan ek praat – julle het tog almal al die nimmereindigende bushaltes oral in Pretoria gesien. Met foto’s van elke denkbare eiendomsagent!

Ek glo dat die verskillende afdakke elke dag skuiling bied aan die honderde bus- en taxipendelaars. Dit is dus verblydend om te weet dat jy as eiendomspraktisyn daardie beskerming beskikbaar gestel en ook daarvoor betaal het.

Navrae het getoon dat eiendomspraktisyns ’n markaandeel van 52% in die bushaltemark het.

Soos die liedjie sê: “Come rain, come sun­shine . . .” die pendelaars het beskerming op ’n reënerige of snikhete dag.

Navrae het getoon dat eiendomspraktisyns ’n markaandeel van 52% in die bushaltemark het. Maar dit behels meer as net om jou foto te laat neem sodat Jan Publiek jou kan bel wanneer hy ’n huis wil koop, verkoop, huur of verhuur. Wat is dan ons bydrae tot hierdie mark?

Eerstens moet daardie bushalte opgerig word. Die oprigting van hierdie bushaltes beteken dat verskeie mense van ’n werk en inkomste gewaarborg is. Intussen moet ’n fotograaf die nodige foto’s neem. Daarna moet ’n kunstenaar die uitleg doen en dan kan die kunswerk/foto’s op die bushalte aangebring word.

Dus: werkskepping vir verskeie mense.

En onthou, die bushalte moet ook gereeld in stand gehou word. Weer behels dit werkskepping.

Nadat die bushalte vervaardig is en die foto’s daarop verskyn, moet ’n sementblad gegooi word waar die struktuur gaan staan. Eers dán word die bushalte na die plek vervoer en opgerig.

En onthou, die bushalte moet ook gereeld in stand gehou word. Weer behels dit werkskepping.

Voorts moet ook in gedagte gehou word dat dit nie net die fisieke struktuur van die bushalte is wat maak dat eiendomspraktisyns ’n bydrae tot die fiskus van Pretoria maak nie. Moenie vergeet van die verkoopspersoneel nie. Hulle moet die bushaltes en veral die voordele daarvan aan die agentskappe gaan bemark. Weer eens werkskepping.

Dan is daar ook administratiewe personeel wat al die bestellings moet neem vir die foto’s, die betalings moet ontvang, bestellings moet plaas vir die vervaardiging van die bushalte en les bes, die oprigting moet skeduleer. Dus: werkskepping in Pretoria.

Daar is tans ongeveer 1 245 bushaltes oor die breedte en wydte van Pretoria. Die geldelike waarde van elke bushalte is vertroulik van aard, maar wees verseker dat dit ’n aardige bedrag vir die staatskas van Pretoria genereer.

Graag deel ek volgende week meer inligting met julle oor die waarde van die bushalte­advertensies vir ons as eiendomspraktisyns.

  • Isabel Jacobs is die prinsipaal van Isabel Jacobs Eiendomme. Kontak haar gerus by 082 377 0571 of isabella@ijprop.co.za.
Meer oor:  Aggie Jordaan  |  Bemarking  |  Reklame  |  Werkskepping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.