Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Reus van Redefine tree af; wil aanbly as mentor
Marc Wainer, Redefine-stigter.

Marc Wainer (70), die legendariese stigter van die genoteerde eiendomsreus Rede­fine Properties, het einde Augustus by dié maatskappy afgetree.

Dié baanbrekerbelegger en -ontwikkelaar was uitvoerende direkteur in die Redefine-direksie sedert hy in Mei as uitvoerende voorsitter uitgetree en die voorsitterskap aan die sakeman Sipho Pityana oorhandig het.

In 1973 het hy sy eerste tree in die eiendomsektor gegee toe hy aansoek gedoen het vir die pos as sentrumbestuurder by die Kempton City-winkelsentrum in Kempton Park, een van die land se eerste winkelsentrums. Hy het die werk gekry bloot omdat hy die enigste kandidaat was wat die sentrum voor die onderhoud besoek het. En só – amper toevallig – het ’n passievolle loopbaan in eiendom begin.

Vandag, 46 jaar later, is hy ’n magnaat en ’n skerpsinnige transaksieknoper met ’n magdom transaksies op sy kerfstok. Redefine Properties, wat hy in 1999 gevestig het, het onder sy hand van ’n maatskappy met ’n bateplatform van ’n beskeie R1 miljard ontwikkel tot ’n reus met bates van byna R100 miljard in Suid-Afrika, Duitsland, Engeland, Pole en Australië.

Hy het ook alternatiewe beleggings uitgewys, onder meer in die studenteverblyfmark. Redefine het ’n markwaarde van R46 miljard en is in die JSE se top-40-indeks ingesluit.

Hy het ’n bydrae tot die gemeenskap gelewer deur sy mentorskapprogram, wat jong professionele mense bemagtig en geïnspireer het.
Andrew König

Wainer se vrou, Lesley, is onlangs oorlede en hy sê dit het hom laat besluit om sy prioriteite te hersien. “Ek wil ’n breër, onafhanklike rol in die eiendomsektor speel.”

Hy was die gasheer van die TV-program The Mentorship Challenge, wat sakeleierskap wou ontwikkel en met maatskaplike opheffing help. Hy sê dit het hom geleer dat mentorskap een van die grootste geskenke is om te gee en hy gaan steeds beskikbaar wees vir diegene wat hom nodig het.

Hy vestig nou ’n private eiendomsfonds om munt te slaan uit gunstige handelsgeleenthede in Europa, spesifiek Oos-Europa, maar sal in Suid-Afrika gesetel wees. “Ek gaan klein begin en presies doen wat ek vantevore gedoen het.”

Andrew König, uitvoerende hoof van Redefine, sê die onderneming staan op Wainer se stewige skouers op sy pad vorentoe en dat Redefine steeds deel van Wainer se reis gaan wees.

Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse, sê Wainer het genoteerde eiendom maklik gemaak om te verstaan.

“Hy het ’n bydrae tot die gemeenskap gelewer deur sy mentorskapprogram, wat jong professionele mense bemagtig en geïnspireer het.”

Meer oor:  Redefine Properties  |  Redefine  |  Eiendomsgroep  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.