Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Rokkies waarin Monroe op skerm smeul, opgeveil
Die uitrusting wat Marilyn Monroe in die slottoneel van River of No Return gedra het, toe sy die temalied van die rolprent gesing het. Foto: getty

’n Klomp skrapse rokkies waarin die Hollywoodse seksgodin Marilyn Monroe op die silwerdoek gesmeul het, word op 1 November in Beverly Hills opgeveil.

Die hoogtepunte van die veiling is drie kostuums uit van Monroe se grootste rolprente, asook ’n swart ontwerpersnommertjie met ’n lae hals wat sy in 1958 na die perskonferensie vir haar lokettreffer Some Like It Hot gedra het.

’n Uitrusting wat die koppe gaan laat draai is ’n rooi-en-geel rok van sy, wat Monroe in die slottoneel van die fliek River of No Return gedra het terwyl sy die temalied van die rolprent gesing het.

Volgens Julien’s Auctions, wat die veiling gaan behartig, is die uitrusting oorspronklik vir Betty Grable se rol in die 1943-rolprent Coney Island ontwerp.

Dit gaan na verwagting vir tussen $60 000 en $80 000 op die veiling verkoop word.

Dan is daar ’n glinsterende rooi uitrusting met ’n dramatiese hooftooisel wat Monroe in 1953 in die openingstoneel van Gentlemen Prefer Blondes aangehad het en ’n buitensporige driestuk uit There’s No Business Like Show Business. Laasgenoemde is deur die modeontwerper William Travilla ontwerp en ’n ontwerperskets van die uitrusting in gouache en potlood kom ook onder die hamer.

Die rokke maak deel uit van 115 lotte, wat ook artikels uit haar persoonlike lewe insluit.

In November 2016 het Julien’s Auctions die rok waarin Monroe vir pres. John F. Kennedy “Happy Birthday” gefluister-sing het, vir ’n rekordbedrag van $4,8 miljoen op ’n veiling van die hand gesit.

Monroe sou vanjaar 93 jaar oud gewees het.

Die swart nommertjie met ’n lae hals wat Monroe na die 1958-perskonferensie vir haar lokettreffer Some Like It Hot gedra het.Foto: Julien’s Auctions

Meer oor:  Marilyn Monroe  |  Eiendom  |  Veiling  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.