Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Ruim gesinshuis op groot erf

Dié gesinswoning, geleë in ’n ruim pypsteel- erf en hoog teen die heuwel in Waterkloofhoogte, is ’n droom vir die ywerige onthaler en gesin wat hul privaatheid geniet en dié woning hul eie wil maak.

Hierdie is ’n heerlike gesinswoning met ’n lieflike tuin en swembad.

Die leefarea bestaan uit ’n ruim sitkamer met dennehout-plafon. Die vertrek is helder en gevul met natuurlike lig. Die skuifdeur verleen toegang tot die oopplan-patio met ’n uitsig oor die swembad.

Die eetkamer is gerieflik reg langs die kombuis geleë. Die eetkamer se skuifdeur gee ook toegang tot ’n onderdak-patio met genoeg ruimte vir ’n kombuistafel, waar die gesin kan kuier en saam eet. Vanaf die patio, is die swembad­area en ’n gedeelte van die tuin net ’n paar trappies laer.

Die groot kombuis beskik oor heelwat werkoppervlakke en kaste, ’n dubbel-wasbak, ’n ontbyt­hoekie en genoegsame pakplek. Apart van die kombuis is ’n ruim vertrek wat gebruik kan word as ’n waskamer/strykkamer/stokperdjie-kamer.

’n Ruim televisiekamer/onthaalvertrek, met gelamineerde houtvloere, is langs die onderdak- patio geleë. Hierdie vertrek is die ideale kuierplek vir al die vriende van die gesin.

’n Lekker kuierplek op die stoep.

Wanneer jy afstap in die gang, lei dit na die afsonderlike slaaparea. Hier sal jy vier lekker groot slaapkamers vind, waarvan drie noord front. Al vier kamers het ingeboude kaste. Een van die kamers met klomp oop rakke en pakplek sal ideaal kan wees as ’n studeerkamer. Veral die hoofslaapkamer is besonder ruim.

Die huis beskik oor 2,5 badkamers, waarvan die een badkamer reeds gerestoureer is. Dit het ’n ovaal bad, ’n groot stort en ’n lieflike glaswasbak. Die tweede badkamer beskik oor ’n bad, wasbak en ’n toilet.

’n Groot bonus in hierdie woning is die vertrek wat onder die huis geleë is. Hierdie vertrek kan as ’n kelder, pakkamer of as ’n kuierplek gebruik word. Daar is selfs plek vir ’n klein eetkamertafel en wynrakke.

Die buitegeboue bestaan uit ’n badkamer vir personeel en ’n ruim dubbelmotorhuis met bykomende ruimte wat maklik omskep kan word in geriewe vir ekstra inslaap-personeel, sou dit verlang word. Daar is ook onderdak-parkeerplek vir drie bykomende motors en oop parkeerplek vir nog ’n paar ekstra motors.

Die boomryke, gevestigde tuin is ’n paradys vir kinders en troeteldiere. Die tuin het genoeg ruimte om dalk selfs eendag ’n woonstel aan te bou vir ouma en oupa (vir so ’n projek sal die nodige goedkeuring eers verkry moet word).

Dié besonderse familiewoning, reg geprys om dadelik te verkoop, is gereed vir die volgende geslag om gelukkig hier te kan woon.

Die gesellige sitkamer.
Een van die badkamers.
Die ruim kombuis.

Meer oor:  Huisgids  |  Huismark  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.