Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
SA se rykes belê in kuns en motors
Irma Stern se Arab Priest, wat die rekord hou vir die hoogste prys nóg vir die werk van ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar.

Suid-Afrika se rykes het die afgelope dekade toenemend in kuns en klassieke motors belê, blyk uit die nuwe welvaartverslag van Afr­Asia Bank en New World Wealth (NWW).

Die globale kunsmark het ’n waarde van sowat $75 miljard, waarvan Afrika-kuns $1 miljard uitmaak en die Suid-Afrikaanse kunsmark $450 miljoen.

Pryse van Suid-Afrikaanse kuns het die afgelope tien jaar met 28% in dollarwaarde gestyg en pryse van globale kuns met 12% oor dieselfde tydperk.

Andrew Amoils, hoof van navorsing by NWW, sê die voorste Suid-Afrikaanse kunstenaar op grond van prys is Irma Stern. “Haar werke kan vir tot R30 miljoen op veilings verkoop en die gemiddelde prys is sowat R5 miljoen.”

Haar werke is ook gesog in die buiteland. Die internasionale veilingshuis Bonhams hou die rekord vir ’n skildery van Stern. In Maart 2011 het dié veilingshuis haar Arab Priest vir ’n astronomiese R34,4 miljoen aan die regering van Katar verkoop.

J.H. Pierneef se "Die plaas Jonkershoek met twee pieke daaragter, Stellenbosch", wat verlede jaar vir R20 miljoen verkoop is.

Skilderye van J.H. Pierneef het ook in onlangse tye groot opgang gemaak. Hoewel sy werke vir ’n gemiddeld van R800 000 verkoop, kan dit tot R20 miljoen haal. Die plaas Jonkershoek met twee pieke daaragter, Stellenbosch, is verlede jaar vir R20 miljoen op ’n Strauss & Co-veiling verkoop.

Nóg ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat uitstaan, is Maggie Laubser, wat tot R5 miljoen per skildery kan haal. NWW verwag dat die pryse van haar werke in die toekoms skerp kan styg tot soortgelyke pryse as Stern se werke.

Ander Suid-Afrikaanse kunstenaars wat toppryse op veilings behaal, sluit in Alexis Preller met ’n gemiddelde prys van R600 000 per skildery, Gerard Sekoto (R400 000) en William Kentridge (R800 000).

Die globale klassieke motormark word teen sowat $5 miljard gewaardeer. AfrAsia Bank en NWW se indekse toon dié mark het met 160% in dollarwaarde toegeneem oor die afgelope tien jaar.

’n Motor wat teen ’n rekordprys verkoop het, was ’n Ferrari GTO uit die 1960’s wat $24 miljoen op ’n veiling gehaal het. Plaaslik word veilings van klassieke motors gereeld in Johannesburg, Kaapstad en Knysna gehou.

Meer oor:  Afrasia Bank  |  New World Wealth  |  Veteraanmotors  |  Kuns  |  Superrykes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.