Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Sandy van ‘Grease’ se broek laat geld inrol vir kanker

Die stywe leerbroek en -baadjie wat Olivia Newton-John in die fliek Grease gedra het, is vir ’n allemintige $405 700 verkoop.

Dit is sowat R6 miljoen teen die huidige wisselkoers.

Olivia Newton-John
Olivia Newton-John en John Travolta saam met hul medespelers in die trefferfliek ‘Grease’. Op die foto dra sy die nousluitende broek wat Saterdag opgeveil is. Foto: Getty Images

Die klere is Saterdag op ’n veiling in Beverly Hills in Amerika deur die afslaer Julien’s Auctions verkoop.

Die afslaer sê dit is twee keer soveel as wat hulle verwag het die klere sou behaal.

Die uitrusting, wat die transformasie van Newton-John se karakter van ’n preutse tiener tot die sexy Sandy gevier het, was een van 500 artikels wat verkoop is.

Die veiling was ten bate van Newton-John se sentrum in Australië waar kankerpasiënte behandel word.

Die berugte broek wat Newton-John vir die You’re the One That I Want-duet met John Travolta gedra het, was so styf dat sy daarin toegewerk moes word om die toneel te verfilm. Dit is met ’n gebreekte ritssluiter verkoop.

Daar is nie gesê wie die broek en baadjie gekoop het nie.

Die veiling het $2,4 miljoen ingesamel. Verskeie van die artikels wat in die fliek gebruik is, is vir veel meer verkoop as verwag.

Olivia Newton-John
Olivia Newton-John en John Travolta, haar medester in ‘Grease’. Foto: Getty Images

’n Grease-plakkaat wat deur Newton-John, Travolta en van die ander lede van die rolverdeling geteken is, is vir $64 000 verkoop. Die verwagte prys was $1 000.

Die pienk aandrok wat sy na die bekendstelling van die fliek in Los Angeles gedra het, is vir $18 750 verkoop.

’n Pasgemaakte Pink Ladies-baadjie wat die rolverdeling aan die aktrise gegee het, is vir $50 000 verkoop. Dit was 25 keer meer as wat oorspronklik verwag is.

Die Brits-gebore 71-jarige sangeres en aktrise wat in Australië grootgeword het, het vroeër vanjaar gesê dat sy ’n derde keer met borskanker sukkel sedert ’n eerste diagnose in 1992.

Ná haar eerste stryd met kanker het sy gehelp om die Olivia Newton-John Cancer and Wellness Centre in Melbourne, Australië, tot stand te bring, wat daarop gemik is om die gees, sowel as die liggaam, te ondersteun.

Die opbrengs uit die Grease-baadjie en -broek, asook ’n deel van die opbrengs wat gegenereer is uit die ander artikels wat Saterdag verkoop is, sal aan die sentrum geskenk word.

– Reuters

Meer oor:  Olivia Newton-John  |  Grease  |  Aandenkings  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.