SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Eiendomme
Sekoto lei Bonhams-verkoping

Skilderye deur Gerard Sekoto (1913–1993), ’n pionier van kontemporêre swart kuns, gaan die leiding neem op Bonhams se komende verkoping van Suid-Afrikaanse kuns in Londen. Dié verkoping word op 2 Oktober by die veilingshuis se verkoop­saal in New Bond Street gehou.

Gerard Sekoto se Three School Girls, wat in die vroeë 1940’s geskilder is. Dit is die top-lot op Bonhams se komende verkoping van Suid-Afrikaanse kuns in Londen. Foto: Bonhams

Sekoto se twee top lotte Three School Girls, wat na verwagting vir tussen £120 000 en £180 000 gaan verkoop, en Portrait of a Man Seated (£100 000–£150 000), is albei by Gainsborough Galleries in Johannesburg gekoop en was meer as 50 jaar in dieselfde

eienaar se besit. Dié werke gaan vir die eerste keer in die openbaar te siene wees sedert dit in die laat 1940’s uitgestal is.

Sekoto is in 1913 gebore, die seun van ’n sendeling en onderwyser by die Duitse Lutherse sendingstasie in Botshabelo. Hy het in 1938 na Johannesburg toe verhuis, waar hy met sy aankoms geskok is deur die vervreemding en uitbuiting van swart mense. Ondanks die verdrukkende regime wat toe geheers het, het hy daarop gefokus om die menslikheid van die alledaagse lewe in swart gemeenskappe weer te gee. Hy het wyd erkenning gekry vir sy lewendige uitbeeldings van ’n diverse stedelike lewe en sy naasmekaarstelling van astrante kleure om individue in townships vas te vang.

Ná die ontstaan van rassesegregasie, het Sekoto hom in self-opgelegde ballingskap in Parys in Frankryk gaan vestig. Sedertdien het die kuns wat hy in die jare voor die ballingskap geskep het, van sy gesogste werke geword.

Three School Girls en Portrait of a Man Seated is van die beste voorbeelde uit die tydperk. Die opgewekte meisies op pad skool toe en die intieme uitbeelding van die man wat sit, dui op ’n kalmte, ondanks die onstuimige omstandighede.

Gerard Sekoto se Portrait of a Man Seated, wat na verwagting vir tussen £100 000 en £150 000 in Londen kan verkoop. Foto: Bonhams

“Sekoto was een van die eerste swart kunstenaars wat internasionale erkenning gekry het,” sê Giles Peppiatt, hoof van Suid-Afrikaanse kuns by Bonhams. Sy werk het die rassistiese retoriek van die tyd uitgedaag deurdat dit die menslikheid van sy onderwerpe na vore gebring het, sê hy.

Ander hoogtepunte sluit in Irma Stern se A Spanish Town, wat in 1961 op ’n besoek aan Spanje geskilder is. Daar word verwag dat dit vir tussen £50 000 en £80 000 gaan verkoop.

Dan is daar ook ’n kragtige en evokatiewe houtskoolwerk deur William Kentridge. Dié werk getiteld, Drive-In gaan na verwagting vir tussen £40 000 en £60 000 verkoop.

Meer oor:  Veiling  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.