Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Selfs groot firmas kies nou ‘gedeelde’ kantore

Gedeelde kantore is nie net meer vir entrepreneurs en kleinsake-ondernemings nie. Die Chinese tegnologiereus Tencent het pas sy kantoor in Singapoer geopen – en het besluit om ruimte in so ’n gedeelde ruimte te huur.

Het jy meer nodig as ’n lessenaar, rekenaar en die internet? Covid-19 laat baie maatskappye vrae vra oor hoe die kantoor van die toekoms moet lyk. Foto: Thinkstock

Gedeelde kantore – waar mense van verskillende ondernemings naas mekaar ruimte huur wat toegerus is met al die dienste wat ’n kantoor nodig het – het die afgelope paar jaar vinnig veld gewen.

Tencent huur volgens Bloomberg 200 sitplekke in JustCo se gedeelde ruimte in die stad. Dit beslaan sowat 929 m². Die huurkontrak is glo ’n jaar.

Tencent, wat onder meer die WhatsApp-mededinger WeChat besit, gebruik Singapoer as die afspringplek na die res van Asië. Sy mededinger Alibaba het vroeër vanjaar ’n 50%-belang in ’n kantoorgebou in die stadstaat gekoop nadat die firma ook eers kantoorruimte gehuur het.

Bloomberg berig tegnologiefirmas het vanjaar al nagenoeg 32 500 m² se kantore in Singapoer gehuur. Suidoos-Asië het 650 miljoen inwoners, die meeste van hulle met slimfone.

In Suid-Afrika kry gedeelde kantore ook al hoe meer aftrek, met onder meer Workshop 17, WeWork, Flexible Workspaces, EasyOffices, Regus, Inner City Ideas Cartel, The Business Exchange Group en ’n magdom ander aanbiedinge om uit te kies.

Entrepreneurs kan ’n lessenaar vir vanaf R250 per dag huur, of ’n pakket kies met wisselende vlakke van dienste vir enigiets tussen R1 000 en R4 000 per maand.

Daar word wyd bespiegel of werk van die huis af, wat deur die Covid-19-inperkings op baie maatskappye afgedwing is, gaan meebring dat hulle in die toekoms hul vaste kantoorruimte gaan verminder.

Daar is baie maatskappye wat steeds streng beheer hoeveel mense kantoor toe mag kom, met mense wat tyd op kantoor moet “bespreek” voordat hulle inkom, en ander wat koste bespaar deur kantoorruimte te verklein.

Eiendomsfirmas meen egter die situasie sal normaliseer wanneer die Covid-19-pandemie verby is, en dat die meeste maatskappye vaste kantoorruimte sal behou ten einde ’n maatskappykultuur te kan handhaaf.

LEES OOK: Meeste verkoop nou kantore oor gelddruk

  • Die Naspers-filiaal Prosus besit 32% van Tencent. Netwerk24 is ’n produk van Media24, wat aan Naspers behoort.
Meer oor:  Tencent  |  Kantooreiendom  |  Werk Van Huis Af  |  Kantore
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.