Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Sexy Sandy van Grease se broek kan miljoene haal

Die swart kleefbroek wat Olivia Newton-John in die trefferfliek Grease gedra het, is een van 500 artikels wat Saterdag opgeveil word ten bate van dié sangeres se kankernavorsingsentrum.

Olivia Newton-John
Olivia Newton-John en John Travolta saam met hul medespelers in die trefferfliek ‘Grease’. Op die foto dra sy die nousluitende broek wat Saterdag opgeveil word. Foto: Getty Images
Olivia Newton-John
Olivia Newton-John en John Travolta, haar medester in ‘Grease’. Foto: Getty Images

Die swart langbroek – met ’n gebreekte ritssluiter – is die gesogste item op die veiling. Die afslaer verwag dit kan vir tot sowat R2 000 000 ($200 000) verkoop word. “Die broek se rits is stukkend. Ek moes daarin vasgewerk word omdat die broek in die jare vyftig gemaak is,” het Newton-John aan Reuters TV gesê.

Die kleefbroek was tekenend van Newton John se karakter, Sandy, se transformasie van ’n skaam skoolmeisie in ’n sexy katjie.

Nóg artikels uit haar Grease-dae soos die draaiboek, ’n pienk baadjie met die naam Sandy agterop wat sy by haar medespelers gekry het en ’n pienk rok wat sy na ’n prèmiere van Grease in Los Angeles gedra het, word eerskomende Saterdag opgeveil.

Newton-John het gesê dit was maklik om te besluit watter artikels opgeveil moet word, hoewel dit haar ’n paar maande geneem het om deur haar bokse en stoorhouer te werk.

Newton-John het vroeër vanjaar bekend gemaak dat sy vir die derde keer teen borskanker veg. – Reuters

Meer oor:  Bekendes  |  Grease  |  Veiling  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.