Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Sharemax-beleggers: Uiteindelik is daar weer nuus
Dominique Haese, uitvoerende hoof van die Nova Property-groep.

Die bestuur van Nova Properties, wat die ineengestorte sindikaat Sharemax Investments se eiendomme agt jaar gelede oorgeneem het, het vir die eerste keer in maande met beleggers kontak gemaak.

Beleggers is vandeesmaand per teksboodskap gevra om ’n communiqué op sy webwerf te gaan lees. Die vorige is in Februarie uitgestuur.

In die jongste amptelike mededeling word verwys na die moeilike toestande die afgelope agt jaar, waaronder die taai ekonomie en negatiewe mediaberigte.

Drie verkoop

Beleggers word nou onder meer meegedeel:

  • Die inkopiesentrum De Marionette is verkoop en die oordrag na die nuwe eienaar is op 20 Augustus geregistreer.
  • Die verkoop van die eiendom Leeuwpoortstraat 148 sal na verwagting binne die volgende paar weke afgehandel word.
  • Die winkelsentrum Secunda Plaza is verkoop en die oordrag daarvan sal ook binne die volgende paar weke afgehandel word.

Bedrae nie bekend

Dominique Haese, uitvoerende hoof van die Nova Property-groep, sê by navraag oor die bedrae waarvoor die eiendom verkoop is: “Nova het om baie geldige redes reeds besluit dat openbaarmaking van verkooppryse van eiendomme en die identifikasie van die betrokke verkopers slegs soos vereis vir die doeleindes van die finansiële state en enige ander amptelike openbaarmakingsvereistes, gedoen sal word.”

Volgens haar is dit in vorige communiqué verduidelik.

Reeds verkoop

Haese sê dié eiendomme is reeds verkoop:

  • Die Meent: 2014
  • De Marionette: 2019
  • Whale Rock: 2015
  • Hazel Court: 2012
  • Fern Shopping Centre: 2014
  • Home Makers: 2013
  • Checkers Virginia: 2017
  • Leeuwpoort: Oordrag besig
  • Lydenburg Pick & Pay: 2018
  • Magalieskruin: 2019
  • Nelspruit Hyper: 2014
  • Oxford Gate: Word as deeltitel-eenhede verkoop
  • Parkside: 2013
  • Secunda Plaza: Oordrag besig
  • Rivonia Square: 2012
  • Silverwater Crossing: 2018

Nog nie betaal

Luidens die kommunikasie is skuldbriefhouers in sommige gevalle wanneer eiendom verkoop is, nie betaal nie omdat dit “nie optimale waardeontsluiting” sou verseker nie.

Agtergrond
  • 2010: Sharemax Investments stort ineen.
  • 2011: Nova Property Group (algemeen bekend as Nova Properties) word gestig.
  • 2012: Ingevolge reëlingskemas word al die eiendomsmaatskappye van Sharemax Investments na Nova Properties oorgedra.

Die opbrengs van die verkoopte eiendomme is in Nova herontplooi. Volgens Nova is dit gedoen om kapitaalgroei te verseker.

Nova sê meer inligting sal in ’n toekomstige communiqué gedeel word oor die kapitaalgroei wat só bereik is en hoe die beleggers terugbetaal gaan word.

Reeds betaal

Sy het by navraag oor watter beleggers al sedert Nova se ontstaan terugbetaal is, gesê skuldbriefhouers wat verwant was aan die volgende eiendomme, het reeds 100% van hul aanvanklike beleggingsbedrag teruggekry:

  • Tarentaal
  • Centurion Hotel
  • Lydenburg
  • The Village Mall
  • Magalieskruin
  • Silverwater Crossing

Oorblywende eiendom

In die communiqué word gesê verskeie eiendomme in die huidige eiendomsportefeulje ervaar druk van huurders en weens die ekonomiese toestande.

Verskeie strategieë word hiervoor in werking gestel, waaronder om die eiendomme te verkoop, om dit op te knap en om die gebruik van die eiendom te heroorweeg.

“As dit verkoop word, sal die kapitaal grootliks herontplooi word vir die ontwikkeling van die residensiële eiendomme in Nova se stal om die potensiële opbrengs vir skuldbriefhouers te verhoog.”

Besonderhede word oor 11 eiendomme gegee. Dit sluit in (met die onderneming wat die eiendom besit tussen hakies):

  • Amogela-winkelsentrum (Liberty Mall Investments);
  • Athlone Park Centre (Athlone Park Shopping Centre Investments);
  • Carletonville Centre (Carletonville Centre Investments);
  • Carnival Centre (Range View Shopping Centre Investments);
  • Courtside Centre (Tarentaal Centre Investments);
  • Del Judor Mall (Witbank Highveld Investments);
  • Flora Centre (Flora Centre Investments);
  • The Village Shopping Centre (The Village Mall Investments);
  • The Villa Mall (The Villa Retail Park Investments);
  • Tshwane China Shopping Mall (Zambezi Retail Park Investments); en
  • Waterglen Shopping Centre (Waterglen Shopping Centre Investments).

Jaarstate

Volgens Haese is die finansiële state vir die boekjaar tot einde Februarie vanjaar in die finale stadium van voltooiing. Dit sal beskikbaar gemaak word sodra dit klaar is.

Meer oor:  Nova  |  Sharemax  |  Dominique Haese  |  Eiendomsindikasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.