Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Shoprite-sentrums opgeveil

As deel van die herstrukturering van sy eiendomsportefeulje, gaan Shoprite Holdings op 12 September sewe nie-kernsentrums deur High Street Auctions laat opveil.

Die ankerhuurders in die sentrums sluit in Shoprite-winkels, Shoprite-drankwinkels en U-Save-winkels.

Die Shoprite-sentrum in Kathu in die Noord-Kaap.

Lance Chalwin-Milton, mede-besturende direkteur van High Street, sê die portefeuljeveiling is ’n aanduiding dat daar steeds ’n markaptyt is vir kleinhandelsentrums – ’n tendens wat al in 2017 posgevat het. “In bykans elke veiling wat High Street
sedert die begin van verlede jaar onderneem het, was daar ten minste een kleinhandeleiendom in ons katalogus. Voor dan was kleinhandelsentrums so skaars soos hoendertande.”

Hy sê dit is die eerste keer dat ’n reus soos Shoprite met kleinhandeleiendomme tot die veilingsmark toetree.

High Street het reeds in Julie een Wes-Kaapse kommersiële gebou in die Paarl vir R25,5 miljoen vir die groep van die hand gesit. Van die sewe eiendomme wat op 12 September onder die hamer kom, is vyf in die Wes-Kaap, een in Kroonstad in die Vrystaat en een in Kathu in die Noord-Kaap.

Eerste aan die beurt in die Wes-Kaap is die Shoprite-sentrum in Voortrekkerweg in Bellville. Dan is daar ’n sentrum met ’n Shoprite, ’n Shoprite-drankwinkel en ’n Hungry Lion ’n entjie verder weg in Voortrekkerweg in Parow. Die vrystaande Shoprite-supermark in Victoria-weg in Woodstock word ook opgeveil, asook die Shoprite in Abegglen-straat in die Strand en die Shoprite-supermark in Vredenburg aan die Weskus. Die laaste twee Shoprite-eiendomme wat onder die hamer gebring gaan word is die Shoprite-sentrum in Rietbok-straat in Kathu in die Noord-Kaap en die Shoprite U-Save in Kroonstad in die Vrystaat.

Joff van Reenen, hoofafslaer en ’n direkteur van High Street, sê korporatiewe bate-aanpassings vind in alle ekonomiese siklusse plaas. “Bateregisters word gereeld hersien vir oortollige eiendomme en korporasies vind die spoed waarmee ’n eiendom in ’n ekonomiese afswaai op ’n veiling van die hand gesit kan word, baie aantreklik.”

Vir meer inligting besoek www.highstreetauctions.com.

Meer oor:  Shoprite Holdings  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.