Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Eiendomme
Skaars erf in Clifton onder die hamer

’n Uiters skaars eiendom, volgens eiendomskenners – ’n residensiële erf in die eksklusiewe strandhuis-gedeelte van Clifton aan die Atlantiese kusgebied in Kaapstad – kom volgende maand onder die hamer.

Goedgekeurde bouplanne vir ’n huis met vyf slaapkamers, wat deur Vernon Head ontwerp is, is by die transaksie ingesluit. Die veiling is op 5 September.

Die ligging van die erf in Clifton wat volgende maand onder die hamer kom. Foto: Verskaf

Rodney Beck, direkteur van High Street Auctions, sê in ’n verklaring daar is byna geen oop grond meer in Clifton beskikbaar nie. Nog skaarser is dié tipe eiendom in die geskiedkundige strandhuis-gedeelte tussen Victoriastraat en die see. Op die ope mark is dit byna onmoontlik om te bekom.

Uit navorsing blyk dit dat slegs twee van dié soort oop erwe die laaste tien jaar van eienaar verwissel het. Verder het dit aan die lig gekom dat daar sedert 2009 minder as tien transaksies vir oop grond in die hele Clifton was, met die totale waarde van die eiendomme in die omtrek van R200 miljoen.

Die klein enklawe rondom Vierde Strand is so gesog onder beleggers dat hulle bereid is om miljoene te betaal vir ou verwaarloosde kothuise wat gesloop word omdat die eienaar slegs in die grond belang stel.

Luidens die verklaring het die Kaapse metro verlede jaar R20 miljoen gemaak toe ’n oorspronklike tweeslaapkamer-vakansie-kothuis op ’n “posseël-erf” van 357 m² verkoop is. Die erf is aansienlik kleiner as die erf in Highstraat wat opgeveil word.

Dié erf beslaan 417 m². Die bieëry begin by R15 miljoen. Die eiendom het reeds baie belangstelling by bieërs in Suid-Afrika en die buiteland gelok, volgens Joff van Reenen, hoof-afslaer en ’n direkteur by High Street Auctions.

Die veiling begin op 5 September om 12:00 by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad, asook Summer Place in Johannesburg. Vir meer inligting besoek www.highstreetauctions.com.

Meer oor:  High Street Auctions  |  Clifton  |  Kaapstad  |  Skaars Eiendom  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.